loading
Artikels
11 uur gelede
die-kuns-van-fotografie-meer-as-net-die-druk-van-n-knoppie

Foto Krediet: OkayDeer

Die kuns van fotografie: meer as net die druk van ʼn knoppie

Fotografie is een van die mees universele en toeganklike kunsvorms, maar dit is veel meer as net die druk van ʼn knoppie om ʼn beeld vas te lê. Dit is ʼn medium wat ons toelaat om ons wêreld, ons emosies en ons stories op ʼn unieke en kragtige manier uit te druk.

Solidariteit het hande gevat met die bekroonde troufotograaf Lodewyk Goosen om ʼn fotografiemeesterklas as ʼn e-leerkursus aanmekaar te weef. Lodewyk werk al vir die afgelope 14 jaar as ʼn voltydse foto- en videograaf. Hy is in 2021 as Fotograaf van die Jaar aangewys by Solidariteit se #GoeieGons-kompetisie.

“Dit is vir my vreeslik lekker om na dinge te kyk wat die industrie en diensverskaffers bevorder, en daarom help ons jaarliks ʼn paar mense om op die been te kom deur hulle tydelik by ons span te betrek. Ons bied ook werkwinkels aan waar ons vir ander fotograwe leer hoe om beligting te gebruik in omstandighede waar die lig heeltyd verander. Dit was nog altyd vir my ʼn passie om ander te leer en te help om ʼn produk van goeie gehalte aan hulle kliënte te lewer, net soos wat ons dit self ook doen. Ek was van kleins af passievol oor fotografie, want ons kry die geleentheid om die kleinste gedeeltes van elke funksie vas te vang,” sê Lodewyk.

Hierdie kursus is ontwerp om jou te leer oor die basiese beginsels van fotografie, insluitend die belangrikheid van lig, die gebruik van jou kamera en die manipulasie van beligtingselemente soos ISO, sluiterspoed en lensopening. In hierdie lesse wat Lodewyk saamgestel het, sal jy leer hoe om jou kamera ten volle te benut en die wêreld vas te vang soos wat jy dit sien.

Fotografie gaan alles oor die begrip en beheer van lig. Of jy nou ʼn pragtige landskap, ʼn portret of ʼn vinnig bewegende onderwerp fotografeer, die tegnieke wat jy hier sal leer, sal jou toerus om foto’s van hoë gehalte te neem. Begin jou avontuur in fotografie deur jou kamera te verstaan en te gebruik om die perfekte beligting en komposisie te skep. Soos jy deur die kursus vorder, sal jy ontdek hoe om jou kreatiwiteit te benut en jou unieke visie vas te lê in elke foto wat jy neem.

Fotografie is ʼn reis van ontdekking – van die wêreld om jou, van jou tegniese vaardighede en van jou eie kreatiewe visie. Dit is ʼn kunsvorm wat nie net jou perspektief kan verander nie, maar ook die manier waarop ander die wêreld sien. Met elke druk van die knoppie het jy die kans om ʼn stukkie van jouself en jou unieke siening van die wêreld vas te lê. In die hande van ʼn bekwame en kreatiewe fotograaf word fotografie nie net ʼn instrument om herinneringe te bewaar nie, maar ʼn medium om kuns te skep en emosie oor te dra.

Indien jy ʼn meesterfotoraaf wil word, klik hier en begin sommer vandag nog met hierdie kursus! #JyHoortHier en daarom wil Solidariteit jou bemagtig om jou volle potesiaal te bereik deur lewenslange leer.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel