
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Die Voortrekkermonument – ʼn kultuurtuiste vir ons gemeenskap
Deur Heléne Leonard
Die Voortrekkermonument is ʼn spesiale simbool van die Afrikaner se erfenis en diep-gewortelde geskiedenis. Dit is ʼn kultuurtuiste wat nie net ʼn plek van trots en herdenking vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap is nie, maar dit is ook ʼn plek wat ruimte bied vir almal wat in hulle erfenis belangstel. Die monument is opgerig ter ere van die Voortrekkers wat die pad vir ʼn nuwe bestaan in Suid-Afrika gebaan het toe hulle die Kaapkolonie moedig verlaat het op soek na vryheid en selfbeskikking.
Vir die Afrikanergemeenskap is die Voortrekkermonument meer as net ʼn argitektoniese meesterstuk. Dit is ʼn simbool van identiteit, ʼn herinnering aan die opofferings van ons voorsate, en ʼn plek waar ons geskiedenis gevier en gedeel word.
Solidariteit erken die belangrikheid daarvan om te weet wat ons mense se behoeftes en opinies is en om dit te verstaan, veral dié van ons gemeenskap. Ons strewe daarna om ʼn ruimte te skep waar elke individu tuisvoel, gerespekteer word, en ʼn stem het.
Om meer omtrent daardie behoefte uit te vind, nooi ons ons gemeenskap uit om deel te neem aan ʼn kort vraelys wat deur Solidariteit se Navorsingsinstituut (SNI) opgestel is. Deur hierdie vraelys te voltooi, kan jy die SNI help om die behoeftes van die gemeenskap beter te verstaan. Jou mening is waardevol, en ons luister graag daarna.
Laat jou stem tel, want so kan dit ons help in ons strewe om ʼn omgewing te skep waarin elke lid van ons gemeenskap tuisvoel en gerespekteer word. Saam kan ons ons geskiedenis vier, ons kultuur bewaar, en ʼn samelewing bou waarinons gemeenskap tuisvoel.