loading
Mediaverklarings
11 maande gelede
hofstryd-teen-ngv-gaan-onbetwis-voort-na-regering-spertyd-weer-mis

Foto Krediet: Verskaf

Hofstryd teen NGV gaan onbetwis voort ná regering spertyd weer mis

Solidariteit het bevestig dat hy voortgaan om sy saak teen die Nasionale Gesondheidsversekeringwet (NGV) op ʼn ongeopponeerde basis in die hof te argumenteer.
Dit volg nadat die regering ná meer as vier maande steeds nie met opponerende hofstukke vorendag kon kom nie. Nou versoek Solidariteit dat die saak onbetwis voortgaan aangesien die tydperk waarbinne opponering moes geskied, herhaaldelik verontagsaam is.
Solidariteit het sy hofstukke op 24 Mei op die regering beteken en het die regering se versoek om uitstel toegestaan. Volgens Peirru Marx, netwerkkoördineerder van die mediese beroepe by Solidariteit, het die staat se laaste geleentheid om sy opponerende stukke op Solidariteit se aansoek in te dien op Woensdag 2 Oktober verstryk. 
“Ons is nie verbaas om te sien hoe moeilik die formulering van teenargumente vir die regering se regspan is nie. Natuurlik glo ons hulle hét nie antwoorde op hierdie belangrike vrae nie.
“Hoe gaan hulle die NGV bekostig en hoe gaan hulle die NGV laat werk? Ons vra jare al tevergeefs antwoorde hierop sonder om enige sinvolle antwoorde te kry. Ons dink nie die regering kán ons antwoord nie,” sê Marx.
Intussen het verskeie organisasies, waaronder Solidariteit, werkbare alternatiewe vir die NGV opgestel wat die regering uit hierdie verknorsing kan help. Solidariteit se NGV-alternatief word binnekort aan die media en die publiek bekendgestel.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel