
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
In ’n neutedop, hoe om ’n Solidariteit-lid te word
Deur Maryna Eksteen
Solidariteit bied ‘n aanlyn werkgemeenskap waar jy toegang kry tot alles wat met jou werk te make het. Dit is soos ʼn boeremark, maar vir werk. Hier kom mense bymekaar deur tegnologie. Hulle gesels saam oor die uitdagings in hulle beroep, kry oplossings daarvoor en organiseer. Maar jy weet dit moontlik alreeds en daarom het jy ’n gratis profiel op Solidariteit geskep. Maar hoe maak jy nou indien jy graag ’n lid van Solidariteit wil word om jou volle voordele te kan ontgin?
Kom ons loer saam hier na vier vinnige stappe om jou lidmaatskap te aktiveer:
Stap 1: Teken in op jou gratis Solidariteit-profiel.
Stap 2: Sodra jy op jou profiel ingeteken is, kan jy na die kieslys aan die linkerkant van die skerm navigeer en op “lidmaatskap” klik.

Stap 3: Kies die opsie “word ’n lid”.

Stap 4: Voltooi al die inligting in drie vinnige stappe. Sodra jy die inligting voltooi het, sal iemand van Solidariteit se dienssentrum jou skakel om jou te registreer en vir jou ’n lidmaatskapnommer te gee.
Jy kan ook ons dienssentrum kontak op 0861 25 24 23 as jy verkies om eerder persoonlik met iemand te gesels om ’n lid te word.

Sodra jou lidmaatskap bevestig is, kan jy stap 2 en stap 3 herhaal en die opsie “koppel my lidmaatskap” kies om jou lidmaatskap aan jou profiel te koppel, en siedaar! Nou kan jy jou volle potensiaal bereik saam met Solidariteit.
Indien jy nog nie ’n profiel geskep het nie, klik hier vir meer inligting en #RaakTuis saam met Solidariteit.