loading
avatar
Artikels
3 dae gelede
jou-afrikaanse-aanlyn-tuiste-is-nou-ook-in-jou-sakbeskikbaar

Foto Krediet: Solidariteit

Jou Afrikaanse aanlyn tuiste is nou ook in jou sak beskikbaar

Deur Kyla-Ann du Toit

Werk, leer en loopbaanontwikkeling lyk vandag heeltemal anders as ʼn paar jaar gelede. Toegang tot ʼn digitale gemeenskap wat jou in jou loopbaanreis ondersteun, is nie meer ʼn luuksheid nie, maar ʼn noodsaaklikheid. Dit is juis binne hierdie konteks waar Solidariteit ʼn sleutelrol speel.

Solidariteit is veel meer as net ʼn plek waar jy werk kan soek. Dit is werklik ʼn beroepstuiste waar werk, leer, gemeenskap en ondersteuning bymekaar kom. Jy kry toegang tot loopbaangeleenthede, aanlyn kursusse, beroepsnetwerke, regsadvies en -hulp, asook relevante nuus – alles op een plek, gebou binne ʼn waardegedrewe raamwerk.

Met die bekendstelling van Solidariteit se app het hierdie platform selfs nóg meer toeganklik geraak. Waar gebruikers voorheen hoofsaaklik deur middel van ʼn rekenaar toegang verkry het, is die volledige platform nou ook mobiel beskikbaar. Dit beteken jy kan deur poste blaai, kursusse voltooi, met jou beroepsgemeenskap skakel en op hoogte bly van die jongste nuus in jou beroep waar en wanneer dit jou pas.

Die app bied onder meer vinniger toegang tot:

  • • honderde werksgeleenthede;
  • • ʼn verskeidenheid kursusse om jou vaardighede en CV te versterk;
  • • aanlyn beroepsnetwerk- en sektorgroepe;
  • • regshulp en -advies;
  • • toegewyde ruimtes vir studente en skoliere; en
  • • die Studeerkamer, vir gratis hulpbronne en leesstof.

Hierdie funksionaliteit is nie losstaande nie, maar deel van een geïntegreerde ekosisteem. Die waarde van die platform lê juis daarin dat dit nie net op werk fokus nie, maar op die mens agter die beroep – iemand wat wil leer, groei en deel wees van ʼn gemeenskap wat jou werklik ondersteun.

“Ons doel was nog altyd om nie net ʼn databasis te skep nie, maar ʼn aktiewe gemeenskap waar werk, sake en geleenthede gedeel word,” sê Hennie Bierman, hoof van die Solidariteit-netwerkplatform. “Elke individu op hierdie platform is deel van ʼn netwerk wat groei, bou en bydra tot ʼn sterker toekoms.”

Solidariteit se platform vir werk en leer het die afgelope jaar beduidend gegroei. Tot op hede het die platform 139 588 geregistreerde gebruikers, met meer as 3 900 aktiewe werkgewers wat poste plaas en 13 703 poste wat reeds op die werksoekportaal geplaas is – en dit vermeerder daagliks. Duisende lede neem aktief deel aan hul onderskeie beroepsnetwerke, terwyl geleenthede vir voortgesette leer nagenoeg 150 aanlyn kursusse insluit. Hierdie groei bevestig dat Solidariteit se werkfasiliteringsplatform nie net ʼn digitale hulpmiddel is nie, maar ʼn lewende, funksionerende gemeenskap.

Volgens Bierman is die doel van die platform nog altyd groter as tegnologie alleen. Dit is ontwikkel vanuit die visie om ʼn selfstandige beroepsgemeenskap te bou waar mense mekaar help deur werksgeleenthede te skep. Onder leiding van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en met die operasionele uitvoering deur Dawid Durie, het hierdie droom ʼn tasbare digitale werklikheid geword.

“Die platform het sy eie momentum begin ontwikkel en word al hoe kragtiger met elke individu wat besef hulle is deel van iets groter,” sê Bierman.

Die bekendstelling van die app vorm deel van die volgende groeifase van die platform. Solidariteit se werkfasiliteringsplatform gaan wel nie net oor gerieflike toegang nie, maar oor bemagtiging. Die platform is ʼn brug na geleenthede en is ʼn werklike instrument vir selfontwikkeling en vooruitgang. Dit is ʼn plek waar mense nie net hul loopbane bou nie, maar ook ʼn sterker, selfstandige toekoms verseker.

Klik hier om vandag nog jou profiel te registreer en word deel van Solidariteit se aanlyn werksgemeenskap!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel