Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Jou beroep vs. jou toekoms: Watter vaardighede gaan werklik oor 10 jaar nodig wees?
Deur Reon Janse van Rensburg
In ʼn wêreld wat vinnig verander word deur tegnologie, globalisering en die nywerheidsrevolusies, is dit nie vandag slegs genoeg om net te leer wat vandag nodig is nie, maar is dit belangrik vooruit te dink.
Wanneer daar van die toekoms gepraat word, skets mense gereeld die prentjie van vlieënde motors, ʼn alledaagse vinnige rit om die maan of iets vergesog uit ʼn Hollywood-blockbuster. Dit is egter ietwat onrealisties en die wêreld soos ons dit ken, gaan nie oornag verander in ʼn wetenskapfiksie reeks nie.
Hoewel sommige vaardighede wat vandag gebruik word nie meer in die toekoms dieselfde nut sal dien as wat dit vandag doen nie, sal daar steeds vaardighede wees wat vandag reeds gebruik word. Hierdie vaardighede sal bloot met nuwe kennis aangevul word, soos wat tegnologie verbeter en die werkplek verander. Om egter sukses te behaal, is dit belangrik om reeds vanaf ʼn jong ouderdom die ingesteldheid te bou om gereeld jou vaardighede op te dateer of om nuwe vaardighede aan te leer. Lewenslange leer is ʼn moet! Dus is harde en sagte vaardighede ewe nodig om ʼn blink toekoms te verseker.
Toekomstige vaardighede: wat gaan belangrik wees
Volgens internasionale en plaaslike tendense gaan hierdie vaardighede grootliks in aanvraag wees:
- • Digitale en tegniese vaardighede, soos IT-netwerke, kuberveiligheid, data- en wolkbestuur (cloud), programmering, en kunsmatige intelligensie.
- • Sagte vaardighede soos aanpasbaarheid, probleemoplossing, kritiese denke, kreatiwiteit en kommunikasie.
- • Ambag- en ander harde vaardighede wat nie maklik geoutomatiseer kan word nie: elektrisiëns, sweisers, werktuigkundiges, meulmakers, outo-elektrisiëns en talle ander.
- • Die vermoë om die balans tussen harde- en sagte vaardighede te vind en toe te pas terwyl projekte afgehandel word en daar met nuwe oplossings vorendag gekom word.
Die werkplek van die toekoms behels dat mense nie net slegs met tegnologie kan werk of oor die nodige kwalifikasies moet beskik om hulle loopbaan met sukses aan te pak nie, maar ook oor die vaardighede beskik om mense en projekte te bestuur moet beskik. Hierdie vaardighede word dikwels ondermyn en word daar dikwels te veel klem geplaas op die harde vaardighede – ʼn faktor wat ʼn onderneming of afdeling se sukses kan maak of breek, maar ook jou loopbaan kan kniehalter of in die regte rigting laat groei.
Die rol van Solidariteit se aanlyn leerkursusse
Solidariteit se aanlyn leerkursusse is nie net daarop gemik om jou vir vandag se arbeidsmark gereed te kry nie, maar juis om jou vir die toekoms voor te berei – ʼn toekoms wat dalk so effe anders lyk as vandag.
In tien jaar se tyd gaan die werkplek selfs meer digitaal en meer veeleisend wees, maar met die hulp tegnologie en die aanleer van nuwe vaardighede sal die werkplek altyd oop wees vir die mens wat sy of haar loopbaan in hulle eie hande wil neem.
Lede van Solidariteit geniet gratis toegang tot nagenoeg 150 aanlyn leerkursusse wat daarop gemik is om jou in die werkplek te bemagtig! Skep jou gratis profiel op Solidariteit, koppel jou lidmaatskap en begin vandag reeds om jou toekoms te beskerm deur voortgesette leer.