Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Leer hoe om jou sosiale media doeltreffend te bestuur
Volgens Forbes se 2023-statistieke is daar ongeveer 4,9 miljard mense regoor die wêreld wat sosiale media gebruik. Daar word verwag dat daar teen 2027 ongeveer 5,85 miljard gebruikers sal wees. Sosiale media is dinamies en besig om die wêreld stormenderhand oor te neem.
In die werkplek kan jou bedrewenheid met sosiale media in jou guns tel en tot jou voordeel wees in jou werk, maar die verkeerde gebruik of misbruik daarvan kan jou ook tot nadeel strek. Solidariteit bied ’n aanlyn kursus aan om jou te leer hoe om jou sosiale media doeltreffend te bestuur. In hierdie kursus word daar gekyk na etiket en riglyne vir die gebruik van sosiale media, en ook na hoe jy jou persoonlike handelsmerk kan bou.
Leer vandag nog hoe om sosiale media tot jou voordeel te gebruik deur hier te klik. Met Solidariteit hoef jy nooit enige treë alleen te gee nie. Ons stap elke tree saam met jou op jou loopbaanpad. #RaakTuis by Solidariteit en ontdek jou volle potensiaal. Klik hier om oor Solidariteit se Jongwerkende-produk te lees, of lees hier meer oor hoe jy vir voortgesette leer kan inskryf. Jou toekoms is in jou hande.