
Foto Krediet: Pexels
Gekopieër
My kind se matriekuitslae is nie wat ons verwag het nie, wat nou?
Is jy bekommerd oor jou kind se matriekuitslae? Solidariteit bied praktiese oplossings, van oorbruggingskursusse tot e-leerprogramme, om jou kind se toekoms weer op koers te kry en nuwe opsies te ontdek.
Deur Marisha Hermann
Die matriekuitslae is onlangs bekend gemaak! Vir baie volg ʼn opwindende tyd, maar by sommiges heers onsekerheid.
Dalk het jou kind nie vir sy of haar eerste studiekeuse keuring gekry nie. Dalk wag jou kind vir die hereksamens om sy of haar punte te verbeter. Wat gemaak as jou kind se uitslae nie was soos wat julle verwag het dit sou wees nie?
Help jou kind om te bou aan hulle toekoms deur op ʼn praktiese manier ondersteuning aan hulle te bied.
Oorbruggingskursusse vir studie vorentoe
Talle universiteite en hoëronderwysinstellings bied oorbruggingskursusse aan. Hierdie kursusse kan die geleentheid bied dat jou kind later wel in die studierigting kan gaan studeer wat sy of haar begeerte was. Doen saam navorsing oor die moontlikhede en gesels met dosente oor die regte roete om te volg.
Opvoedkundige e-leerkursusse
Praktiese vaardighede en verdere kennis kan jou kind ʼn groot voorsprong in die werkplek bied. Moenie dat jou kind die geleentheid misloop om nóg meer te leer terwyl hulle wag vir die hereksamen of studie nie. Solidariteit spog met sowat 150 kraakvars opvoedkundige e-leerkursusse wat jou kind in die gemak van hulle eie huis kan doen. Hierdie e-leer kursusse bemagtig nie net jou kind nie, maar gee hom of aar ook die geleentheid om nuwe vaardighede te ontwikkel, belangstellings te prikkel en te bepaal waar belangstellings werklik lê. Wie weet! Dalk ontdek jou kind ʼn nuwe rigting waarin hulle belangstel.
Lees hier oor die Jongwerkende-lidmaatskap om gratis toegang tot hierdie kursusse te verkry.
Oorweeg ʼn nuwe studierigting
“Bly naby aan dit wat jou naby aan die hart lê,” sê prof. Irma Eloff, ʼn professor in Opvoedkundige Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria en ʼn ereprofessor verbonde aan die Universiteit van Innsbruck in Oostenryk, in ʼn onderhoud op RSG.
Solidariteit bied vir jou kind loopbaanvoorligtingshulpbronne wat kan help om ʼn ingeligte besluit oor die toekoms te neem. Hierdie bronne sluit in ʼn belangstellingsbepaler waarna psigometriese toetse by ʼn voorgestelde loopbaanvoorligter volg. Daarna volg gesprekke met die loopbaanvoorligter oor die geleenthede wat jou kind kan volg.
Word vandag nog deel van die Solidariteit-netwerkgemeenskap en gee jou kind ʼn blink toekoms want jou kind hoort hier! Skep jou gratis profiel om by hierdie wêreldklas gemeenskap aan te sluit – en dit alles in Afrikaans!