loading
Artikels
1 week gelede
slaan-n-hou-vir-die-toekoms-solidariteit-regsnetwerk-se-2025-gholfdag

Foto Krediet: Verskaf

Slaan ʼn hou vir die toekoms – Solidariteit Regsnetwerk se 2025-gholfdag

Deur Leré Nel

Die Solidariteit Regsnetwerk en Finansiesnetwerk bied sy jaarlikse gholfdag aan om die OSK Lukas Taljaard-studiefonds ʼn hupstoot te gee. Solidariteit nooi jou om op 23 September 2025 jou gholfstokke in te pak en saam met ons ʼn voëltjie te kom slaan vir ʼn student wat dit regtig verdien!

Elke hou op die gholfbaan daardie dag kan help om ʼn droom te verwesenlik – die droom van ʼn jong regstudent of toekomstige finansiële deskundige wat graag wil studeer, maar nie die nodige fondse het nie.

Daarom nooi die Solidariteit Regsnetwerk en Finansiesnetwerk jou hartlik uit na ons jaarlikse gholfdag by Copperleaf Golf and Country Estate – ʼn dag van pret, netwerkgeleenthede én die kans om ʼn werklike impak te maak.

Waarom hierdie dag belangrik is

Jou deelname maak dit moontlik vir huidige en toekomstige regs- en finansiestudente om hul studies voort te sit, ten spyte van finansiële struikelblokke.


Alle fondse wat op dié dag ingesamel word, gaan direk na die studiefonds wat deur die regsnetwerk, finansiesnetwerk en Solidariteit Helpende Hand Studietrust bestuur word. Hierdie fonds is spesifiek daargestel om talentvolle en verdienstelike studente in hierdie sleutelsektore te bemagtig.


Besonderhede oor die geleentheid

Datum: 23 September 2025
Tyd: Registrasie vanaf 10:00
Afslaan: 11:00
Prysuitdeling: 18:00
Plek: Copperleaf Golf and Country Estate
RSVP: Teen 31 Julie 2025
ʼn Bewys van betaling moet gestuur word om jou plek te verseker.

Bespreek jou plek hier!

Saam maak ons ʼn verskil

Die Solidariteit Regsnetwerk en Finansiesnetwerk glo dat ons, saam met ons donateurs, borge en deelnemers, die struikelblokke vir studente makliker kan maak. So, kom geniet die dag saam met ons op die gholfbaan!

Die volgende Gerrie Nel of Allan Gray het dalk net daardie ekstra paar rand nodig. En wie weet – dalk is jy die een wat hul loopbaan moontlik maak!

Onthou om jou plek hier te bespreek en bly ingeskakel by die Solidariteit Regsnetwerk vir meer inligting.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel