loading
avatar
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-is-gebou-vir-jou

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit is gebou vir JOU

Deur Heléne Mocke

Solidariteit wy hom daaraan om sy lede by te staan. Verál wanneer dit kom by werksaangeleenthede, werkveiligheid asook die beskerming van regte in die werkplek en die bevordering van ʼn billike werksomgewing. Solidariteit se missie is om lede te help om vry, veilig en voorspoedig te werk en om hulle in ʼn uitdagende arbeidsmark by te staan.

Solidariteit glo dat werkbeskerming fundamenteel is en onderhandel gereeld met werkgewers oor werksomstandighede en vergoeding om stabiliteit vir werkers en hul gesinne te verseker. Daarbenewens bied Solidariteit regshulp vir lede wat onregverdig behandel word.

Om die arbeidsmark te betree, of om na werk te soek, kan stresvol en uitdagend wees, veral omdat talle Suid-Afrikaners met rassereëls moet meeding. Solidariteit streef ook na ʼn regverdige werksomgewing vir sy lede, waar diskriminasie op grond van ras, geslag of ouderdom teengestaan word. Gelyke geleenthede en ʼn ondersteunende omgewing verbeter nie net werknemers se welsyn nie, maar verhoog ook hul produktiwiteit en moraal.

In reaksie op die toenemende uitdagings wat in die arbeidsmark ervaar word, het Solidariteit ʼn veilige werkportaal geskep. Hierdie platform bied toegang tot betroubare werksgeleenthede en verseker die beskerming van werksoekers se persoonlike inligting. Die portaal maak dit maklik om relevante werksgeleenthede te vind en daarvoor aansoek te doen, met die gemoedsrus dat die proses veilig is.

Solidariteit beskou werk as iets wat meer as ʼn bron van inkomste is – dit is ʼn hoeksteen van ʼn gesonde samelewing. Deur werkbeskerming en billike werksomstandighede te bevorder en ʼn veilige werksoekportaal daar te stel, help Solidariteit bou aan ʼn volhoubare arbeidsmark vir sy lede.

Veiligheid en gesondheid in die werkplek is ʼn verdere prioriteit. Solidariteit se beroepsveiligheid- en gesondheidsafdeling ontwikkel onder meer veiligheidsprogramme en bied opleiding om werkers bewus te maak van hul regte, wat hulle in staat stel om risiko’s betyds te identifiseer en om werkgewers te help om ongelukke in die werkplek so ver as moontlik te voorkom.

Wanneer ʼn lid sy of haar gratis profiel op Solidariteit te skep en hul lidmaatskap koppel, kan nuwe voordele ontsluit en ten volle benut word. 

Klik hier om ʼn profiel te skep, en klik hier om jou lidmaatskap te koppel.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel