
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Solidariteit is werkgewers se tuiste om poste te adverteer
Solidariteit se werkfasiliteringsplatform, bekend as Solidariteit, is besig om ʼn beduidende impak op die arbeidsmark te hê, met byna 6 200 poste wat geadverteer is, en 10 800 CV’s wat op die platform gelaai is. Daar is elke dag gemiddeld 580 beskikbare werksgeleenthede op Solidariteit, wat van dié platform een van die mees dinamiese hulpbronne vir sowel werkgewers as werksoekers maak.
Poste uit elke bedryf word reeds op Solidariteit bemark met talle lojale organisasies in byvoorbeeld die finansiële veld en in die regswêreld wat hierdie platform gebruik om die beste talent te vind. Dink aan bekende name in die finansiële bedryf soos BR Rekenmeesters, Old Mutual, Stander en Vennote Ing. en nog talle ander. Dan is daar ook talle poste in die regswêreld wat deur bekende name soos Adele van der Walt Ingelyf en Quantim Legal Solutions bemark word.
ʼn Wye reeks van organisasies, van klein tot groot, is reeds betrokke op die platform wat bewys hoe divers die werkgewers is wat reeds hul vertroue in Solidariteit se werkfasiliteringsplatform geplaas het.
Deur jou werkgewerprofiel op Solidariteit te registreer, ontvang jy ʼn verskeidenheid van voordele, insluitend:
– die gratis advertering van soveel poste as wat jy wil, in drie maklike stappe;
– gratis toegang tot netwerk-koffiesessies;
– gratis deelname aan die jaarlikse Werkgewerskongres (slegs in Gauteng); en
– toegang tot relevante hulpbronne, artikels en inligting.
Daar is reeds meer as 2 100 geregistreerde profiele van werkgewers op die platform met wie jy kan netwerk.
Daar is geen beperking op hoeveel poste werkgewers gratis mag plaas nie. Poste kan in Engels geplaas word en hoef dus nie in Afrikaans vertaal te word nie.
Meer as een administrateur per organisasie kan by die werkgewerprofiel gevoeg word om te help met die plasing van poste en die deurgaan van CV’s.
Poste kan maklik gewysig of verwyder word. Boonop bied Solidariteit gratis bemarking vir werkgewers se poste op die gewilde Facebook-blad, “Solidariteit Werk” wat meer as 61 000 volgers het.
Met die registrasie van jou werkgewerprofiel op Solidariteit word jou inligting outomaties gestoor en word jy uitgenooi na toekomstige netwerkgeleenthede vir werkgewers.
Sluit aan by topwerkgewers in jou bedryf en benut die voordele van Solidariteit se werkfasiliteringsplatform. Is jou organisasie nog nie deel van die platform nie? Waarvoor wag jy?
Klik hier om jou gratis profiel op Solidariteit te skep.
