Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Solidariteit: Jou gemeenskap se skild teen onreg en korrupsie
Wanneer jy deel is van Solidariteit, is jy deel van ʼn groter beweging – ʼn oplossing vir die talle uitdagings wat ons gemeenskappe in die gesig staar. Ons staan op teen korrupte staatsinstellings, diskriminerende rassewetgewing, en die grootskaalse vermorsing van belastingbetalers se geld. Deur ons veldtogte en die Solidariteit Regsfonds, veg ons terug om jou regte, waardes en toekoms te beskerm.
Solidariteit het een doel: om terug te slaan teen korrupsie en die mislukte regering. Ons sê nee vir ʼn stelsel wat jou regte vertrap en jou geld steel. Ons sê nee vir ʼn regering wat voortgaan om rassekwotas en ander onregverdige beleide op ons af te dwing.
Die Solidariteit Regsfonds is een van die belangrikste strukture wat tot stand gebring is om die gemeenskap se regte te beskerm. Hierdie fonds stel Solidariteit in staat om hofsake teen die regering en groot maatskappye soos Sasol, PPC en ArcelorMittal te befonds. Hierdie instellings en die regering self dink hulle is onaantasbaar – totdat hulle Solidariteit se regsverteenwoordigers in die hof moet trotseer. Die Regsfonds is spesifiek daarop gemik om die regering en korrupte staatsinstellings aan te vat en verantwoordbaar te hou.
Deur die Regsfonds kan Solidariteit betrokke raak by hofsake wat rasstellende aksie, rassisme, korrupsie en die wanbesteding van belastinggeld direk aanvat. Hierdie fonds verseker dat ons nie net baklei nie, maar wen. Ons wen sake wat ʼn direkte impak op die lewenskwaliteit van ons gemeenskap en die toekoms van ons kinders het. Ons hofsake het reeds verskeie kere daarin geslaag om reg te stel daar waar die staat en maatskappye onregverdig teenoor ons mense opgetree het.
Elke bydrae versterk ons vermoë om korrupte en diskriminerende strukture aan te vat. Jou lidmaatskap is nie net ʼn maandelikse bydrae nie – dit is ʼn belegging in die veiligheid en vooruitgang van jou gemeenskap. Dit is ʼn daad van weerstand teen die onreg wat die regering wil afdwing. Jou betrokkenheid maak ʼn verskil.
Raak betrokke by Solidariteit. Wees deel van die oplossing. Saam veg ons en saam wen ons, want #JyHoortHier en geen drakoniese magte het die reg om oor jou toekoms te beslis nie. Solidariteit is die antwoord – vir vandag en vir môre.