loading
avatar
Artikels
2 jaar gelede
solidariteit-se-netwerk-van-werk

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit se netwerk van werk

Solidariteit se bestaansdoel is en bly werk. Die opleidingsinstellings wat uit Solidariteit gestig is, is ook versterkend tot Solidariteit se werkfokus.

Solidariteit se werkstrategie het ingrypend verander as gevolg van ingrypende politieke- en ekonomiese- veranderings. Voorheen was die tradisionele vakbond ʼn goeie voertuig om werk te beskerm en diensvoorwaardes te verbeter.

Dit het egter verander. Die kennisrewolusie het die ekonomiese struktuur so verander dat die tradisionele industriële vakbond byna irrelevant geword het.

Een van die beste voorbeelde is die National Union of Mineworkers (NUM). In 2013 het hul nog 313 00 lede gehad. Hulle het nou slegs 158 000 lede. Byna alle ander vakbonde in Suid-Afrika se ledetalle vertel dieselfde storie. Dit geld vir die vakbondwese wêreldwyd en ook vir Solidariteit.

Solidariteit het die veranderinge vroeg reeds raakgesien en ons kon oor die afgelope 25 jaar ʼn alternatiewe strategie ontwikkel. Solidariteit is die enigste vakbond wat ten spyte van al die veranderings nog steeds elke jaar kon groei.

Die tradisionele vakbond het irrelevant geword, maar werk is meer relevant as ooit vantevore.

Vandag is Solidariteit soveel meer as net ʼn gewone vakbond – dit het omvorm in ʼn Netwerk van Werk wat die volle loopbaanpad saam met sy lede stap.

Reeds in 1997 het Flip Buys aangekondig dat die Mynwerkersunie ʼn Beweging moet word. Daar is onmiddellik begin om uitvoering daaraan te gee, en van 1997 tot vandag loop ons op hierdie strategiese pad. Dit het tot ʼn groter Beweging gelei, maar dit het ook vir Solidariteit op ʼn nuwe toekomspad geplaas wat antwoorde vir ingrypende uitdagings moet gee.

Die netwerk van werk is nie iets nuuts nie, maar baie van die harde werk van die afgelope 25 jaar kom nou bymekaar. Ons het altyd voortgebou op ʼn vorige fase. Ons kon nog nie die volledige prentjie sien nie, want daar was nog baie bouwerk wat gedoen moes word. Sol-Tech, Akademia  en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum was eenvoudig te klein om werklik ʼn rol in die netwerk te speel. Die situasie is nou totaal anders en hulle word net sterker. Ons het gereeld gepraat oor die plan, maar die bouwerk was nog nie voltooi nie. Baie bouwerk is nou klaar, baie daarvan is aan die gang en baie gaan nog gebou word.

Almal wat deel word van die Netwerk van Werk word beskerm, bemagtig en help om te bou.

  • Ons beskerm in die werkplek, ons beskerm die beroep en ons beskerm die openbare belang.
  • Ons bemagtig veral deur opleiding. Solidariteit skep geleenthede waar jy kan ontwikkel om ʼn meester in jou beroep te word.
  • Ons bou instellings en veral kennisinstellings. Solidariteit het ʼn geskiedenis van bou.

Sluit vandag nog by Solidariteit aan, klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel