
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Solidariteit sleep departement hof toe oor omstrede NGV-poste
Solidariteit het vandag sy hofstukke aan die Departement van Gesondheid beteken waarin hy versoek dat daar ʼn interdik op dié departement se onwettige advertering van poste vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) geplaas word.
Dit volg nadat Solidariteit vroeër in ʼn aanmaningskrywe aan die departement met regsaksie gedreig het indien die departement nie die advertering van 44 poste vir die NGV waarmee hy in Augustus vanjaar begin het, terugtrek nie. Solidariteit voer aan dat sodanige advertensies, terwyl die wetsontwerp steeds deur parlementêre prosesse moet gaan, onwettig is.
“Die advertensie van die departement dui duidelik aan dat hy die werwing van bekwame spesialiste soek om te help met voorbereidings vir die funksies van die NGV-fonds.’ Dit blyk dus dat die regering die aanvaarding van die NGV-wetsontwerp as ʼn uitgemaakte saak beskou en stappe doen vóór die aanneming van die wetsontwerp om die NGV te operasionaliseer. So ʼn benadering is irrasioneel, ongrondwetlik en onwettig,” verduidelik Connie Mulder, Hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut.
Volgens Solidariteit het die Nasionale Tesourie reeds R30 miljoen beskikbaar gestel vir salarisse ten opsigte van die 44 vakante poste vir die 2022/2023 finansiële jaar, en is die Departement van Gesondheid van plan om in Desember 2022 aanstellings in die vakante poste maak.
“Hierdie posadvertensies skep ʼn duidelike indruk dat die regering vasbeslote is om sy planne deur te voer sonder om daargestelde demokratiese prosesse te respekteer.
Die feit dat fondse bestee word aan poste vir ʼn stelsel wat nog nie geïmplementeer mag word nie, eerder as om die bestaande gapings in die gesondheidsektor te vul, dui daarop dat die regering vasbeslote is om alles te sloop eerder as om die bestaande stelsel te probeer herstel, ten koste van alle Suid-Afrikaanse burgers se gesondheid,” sê Mulder.
“Solidariteit en ander belanghebbendes probeer deurgaans om aan formele prosesse deel te neem en om ʼn stem vir rasionaliteit en redelikheid te midde van die ideologiese beheptheid van die regering te wees, maar dit blyk onmoontlik te wees. Dit blyk dat die regering vasbeslote is om geen ag te slaan op die kommer van die mense wat deur die NGV geraak gaan word nie. Soos met die ramptoestand, blyk dit ongelukkig