loading
Artikels
1 jaar gelede
voortgesette-leer-vir-jong-onderwysers

Foto Krediet: OkayDeer

Voortgesette Leer vir Jong Onderwysers

Deur Ané Janse van Rensburg

Ons hoor dit baie: die onderwys is nie slegs ʼn beroep nie, maar ook ʼn roeping. Jy as nuwe onderwyser gaan dit gou besef: In hierdie beroep gaan jy vinnig jou voete moet vind, reëls moet vasstel en ʼn leeromgewing fasiliteer. Jou klaskamer behoort ʼn plek te wees waar beide jy en die kinders kan leer en groei.

Daar is nie ʼn handleiding wat jou deur die eerste jare as ʼn onderwyser kan help nie, maar daar is hulpbronne en beroepsnetwerke wat jou in hierdie beroepsreis kan bystaan. Danksy kursusse vir voortgesette leer het Solidariteit dit vir jou maklik gemaak om te verseker dat jy in jou eie klaskamer voortdurend kan leer en ontwikkel.

Solidariteit fasiliteer voortgesette leer deur seminare, kortkursusse, gespreksgeleenthede en e-leer. Dit skep vir jou ʼn bemagtigende omgewing waar jy jou volle potensiaal kan bereik. Onderwysers behoort hul leerders te leer hoe om hul beste te doen, geleenthede aan te gryp en voortdurend te leer. Dit maak dan tog net sin dat jy dieselfde beginsels self toepas.

Hoekom is voortgesette leer vir jou as jong onderwyser so belangrik?

Met dié dat die skoolomgewing voortdurend besig is om te verander, te ontwikkel en te groei, behoort jy by jou veranderende omgewing te kan aanpas. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê graag die volgende: “Stagnasie is die dood in die loopbaanpot.” Is dit nie tog die waarheid nie? Om by ʼn veranderende klaskamer te kan aanpas, behoort jy op verskillende kreatiewe maniere in te skakel om te verseker dat jou klaskamer ʼn florerende omgewing vir leerders is waar hulle optimaal kan leer. Daarom het Solidariteit kortkursusse geskep wat handel oor hoe jy ʼn veranderende omgewing kan beheer. Voorbeelde hiervan is die kursusse wat fokus op die verskillende temperamente in jou klaskamer en hoe om dit te beheer, sowel as hoe jy die beginsels van ʼn omgekeerde klaskamer kan toepas.

Terwyl jy in leerders se toekoms belê, is dit belangrik om nie van jou eie toekoms te vergeet nie. Solidariteit se kursusse vir voortgesette leer fokus op jou emosionele intelligensie, hoe om doeltreffend in jou werksomgewing te kommunikeer en hoe jy tegnologie in die werkplek kan benut. Dit is dus ʼn belegging in jou toekoms waarvan jy jare later nog die vrugte kan pluk.

Ontwikkel Leeringesteldheid

Deur jouself met voortgesette leer te bemagtig, bou jy brûe in jou loopbaan wat na beter en groter geleenthede lei. Met ʼn leeringesteldheid stel jy jouself bloot aan geleenthede om nuwe vaardighede te ontdek en kan jy netwerke met ander onderwysers bou. Só stel jy jouself outomaties bloot aan beroepsgeleenthede en voortdurende ontwikkeling.

Lees hier oor die waarde van voortgesette leer in jou werksomgewing.

Voortgesette leer is soveel meer as ʼn goue sterretjie agter jou naam. Dit skep die geleentheid vir jou om jou volle potensiaal in jou klaskamer te bereik, sodat die kinders wat jy onderrig, soveel meer as akademiese kennis opdoen.

Sluit vandag nog by Solidariteit aan en maak jou klaskamer ʼn florerende leeromgewing.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel