Foto Krediet: Facebook
Gekopieër
Wat agter die aanvalle op die Solidariteit Beweging skuil
Sekere mediawebtuistes plaas die afgelope weke graag die kollig op ʼn hoofstuk uit die jongste boek van die joernalis Max du Preez, The End of Normal: A Witness to the Unravelling of White Power in South Africa.
In dié hoofstuk trek Du Preez weereens te velde teen wat hy “AfriSol” noem – in werklikheid die Solidariteit Beweging. Hy voer aan dat die Beweging heimlik hoop dat Suid-Afrika moet verkrummel en misluk.
Maar waar kom Du Preez aan hierdie idee? En waarom is sekere mediawebtuistes so gretig om juis hierdie narratief uit te lig of selfs te ondersteun? Dit terwyl dit tog duidelik is dat Suid-Afrika onder die gewig van ʼn swak en korrupte regering misluk.
In ʼn plasing op sosiale media het dr. Dirk Hermann verwys na Flip Buys se waarneming dat kritici soos Du Preez al te graag met die brandbestryders eerder as met die brandstigters baklei.
In ʼn vlymskerp ontleding het James Myburgh, redakteur van Politicsweb, Du Preez se argumente onder die loep geneem. Dit is onnodig om te sê dat dit te lig bevind is.
Nogtans bly Myburgh se ontleding ʼn belangrike bydrae tot die debat.