Dek die begrafnisbystand net vir my of dek dit my gesin (gade en kinders) ook?
Solidariteit-lede wat vir die begrafnisbystand kwalifiseer*, ontvang omvattende begrafnisbystand wat ook sy of haar huweliksmaat / genomineerde gade / lewensmaat en afhanklike kinders jonger as 21 jaar insluit. Alle eise moet binne ses maande ná die afsterwe van ʼn lid/gade of afhanklike kind ingedien word.