Wat is beroepspesifieke voordele?
Solidariteit-lede geniet die voordeel om deel te word van ʼn gemeenskap binne hulle beroep. Dit is ʼn gemeenskap wat hom daarop toespits om die beroep te beskerm, loopbaangeleenthede vir jong mense te skep, as waghond toesig te hou oor die beroep en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom.
Drie redes waarom jy by Solidariteit se Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk moet aansluit:
- Bou bande:
- Woon netwerkgeleenthede by waar ons vir jou die geleentheid bied om met ander kundiges in jou beroep om te gaan.
- Kry toegang tot ʼn netwerk van kundiges in jou beroep.
- Word beskerm:
- Jou netwerk tree as waghond op om diskriminasie en uitbuiting in jou beroep te beveg.
- Ontvang regsadvies oor enige arbeidsaangeleenthede in jou werkplek.
- Ontwikkel jouself:
- Tree as ʼn mentor op of ontvang self mentorskap.
- Kry toegang tot kort kursusse op Solidariteit se leerplatform wat spesifiek vir jou beroep saamgestel is.