Watter tipe regsadvies kan ek by Solidariteit ontvang?

Watter tipe regsadvies kan ek by Solidariteit ontvang?

Arbeidsregsadvies:

Solidariteit bied telefoniese arbeidsregsadvies aan lede. Kontak Solidariteit se Dienssentrum by 0861 25 24 23.

Sivielregtelike advies:

Solidariteit bied aan ons lede en ondersteuners toegang tot sivielregtelike advies deur gebruik te maak van ʼn eksterne voorkeurfirma, Serfontein, Viljoen en Swart. Lede van Solidariteit kan gratis telefoniese sivielregtelike advies deur Solidariteit se Dienssentrum ontvang deur 0861 25 24 23 te skakel.