Wanneer word my Solidariteit-lidmaatskapgeld verhoog?

Wanneer word my Solidariteit-lidmaatskapgeld verhoog?

Solidariteit bou aan ʼn plan van hoop vir die toekoms met elke rand. Solidariteit se ledegeld word jaarliks op 1 Maart verhoog.

ʼn Lid van Solidariteit is deel van ʼn baie groter NetWerk van werk. Dit is baie groter as net ʼn tradisionele vakbond omdat jy toegang tot soveel meer voordele en beskerming geniet.

By Solidariteit word daar met ywer gewerk en gedroom om die geleenthede vir opleiding selfs verder uit te brei. As deel van die jaarlikse ledegeldverhoging vir Solidariteit-lede is daar ʼn spesifieke fokus op die befondsing van opleidingsinisiatiewe en beursfondse geplaas.

Die Lidmaatskapfooi vir kollektiewe lede word direk deur werkgewers van die werknemers se salarisse verhaal. Die lidmaatskapfooi vir individuele, Boufonds- en Regsfonds-lede word per debietorder, direk van die lid se bankrekening verhaal en beloop.