Wat is ʼn adviesraad?

Wat is ʼn adviesraad?

Elke beroepsnetwerk het sy eie adviesraad wat vanuit die industrie genomineer word om Solidariteit by te staan met advies rakende kwessies binne die betrokke beroep.

Die adviesraad van elke beroepsnetwerk is deel van die struktuur van die beroepsnetwerk en so ʼn raad word saamgestel met die doel om die netwerk by te staan om besluite te neem wat die doelstellings van die netwerk bevorder en om geleenthede of leemtes te identifiseer waarop die netwerk kan reageer om sy lede se belange in die werkplek te bevorder.

ʼn Adviesraad adviseer Solidariteit oor beroepsverwante aangeleenthede, onder meer oor:

  • bedreigings/hindernisse vir die betrokke beroep en die lede in die beroep;
  • die ontwikkeling van geleenthede tot voordeel van die beroep en sy lede;
  • voortgesette opleidingsbehoeftes;
  • die ontwikkeling van beroepspesifieke voortgesette professionele opleiding; en
  • die evaluering van netwerklede se graderings op hul loopbaanpad asook oor sake van beroepsbelang.