Wat is ʼn Solidariteit-beroepsnetwerk?

Wat is ʼn Solidariteit-beroepsnetwerk?

Solidariteit ontwikkel deurlopend nuwe netwerke vir verskeie beroepe om sy lede met hul betrokke beroepsgemeenskappe te bind. Binne hierdie beroepsnetwerke kry lede opleidingsgeleenthede, netwerkgeleenthede, toegang tot mentorskappe asook geleentheid om jong mense te help om hulself binne die betrokke beroepe te ontwikkel en te vestig met werkfasilitering, skaduwerk, internskappe, slypskole, ens. Solidariteit vervul ook die rol as waghond in die beroep en beskerm lede in hulle betrokke beroep.

Solidariteit se strategie is daarop gemik om vir ons kinders ‘n toekoms te bou waar hulle hier aan die suidpunt van Afrika vry, veilig en voorspoedig kan leef deur die vestiging van Solidariteit se netwerke, wat soos ‘n Helpmekaar-beweging funksioneer, om selfstandig vir onsself te sorg.

Dit is ons geslag se verantwoordelikheid om die volgende geslag te help. Ons sê skaamteloos: #ElkeenHelpEen. Daar was voorheen dalk ‘n staat, staatsinstellings, talle staatsuniversiteite en -kolleges asook groot ondernemings om vir jongmense ‘n hupstoot te gee, maar dit is nou die gemeenskap se verantwoordelikheid. As óns dit nie gaan doen nie, wie gaan?