Wat is Solidariteit se beroepsnetwerke?

Wat is Solidariteit se beroepsnetwerke?

Dit is netwerke vir verskeie beroepe wat deurlopend deur Solidariteit ontwikkel word om sy lede in hul betrokke beroepsgemeenskappe te bind. Binne hierdie beroepsnetwerke kry lede opleidingsgeleenthede, netwerkgeleenthede, toegang tot mentorskappe, asook geleentheid om jong mense te help om hulself te ontwikkel en binne die betrokke beroepe te vestig met werkfasilitering, skaduwerk, internskappe, slypskole, ensovoorts. Solidariteit vervul ook die rol as waghond in die beroep en beskerm lede in hulle betrokke beroep.