Hoekom moet ek leer op Solidariteit?

Hoekom moet ek leer op Solidariteit?

Solidariteit fokus nie net op voortgesette professionele ontwikkeling (VPO) nie, maar ook op persoonlike- en loopbaanontwikkeling deur seminare, kort kursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waartydens relevante temas bespreek en aangebied word.

Solidariteit se strategie is om ʼn netwerk te skep wat aan jou opleidingsgeleenthede bied én jou help om werk te kry.

Ons wil nie net hê jy moet goed werk nie; ons wil hê jy moet jou volle potensiaal bereik. Almal wat in hulle beroepe wil groei en relevant in die werkplek wil bly, moet ʼn punt daarvan maak om aan te hou leer. ʼn Mens mag nooit ophou leer nie. Dit is van kardinale belang om voortdurend nuwe vaardighede aan te leer om sodoende die werk gedoen te kan kry én produktief te kan wees.