Het ek volledige toegang tot alle Solidariteit-voordele indien ek ʼn ondersteuner van die Regs- of Boufonds is?

Het ek volledige toegang tot alle Solidariteit-voordele indien ek ʼn ondersteuner van die Regs- of Boufonds is?

Jou bydrae tot die Regs- en/of Boufonds is nie gelykstaande aan Solidariteit-lidmaatskap nie.

 Solidariteit bedank jou egter vir jou deurlopende ondersteuning. #OnsBou en #OnsVeg saam aan die toekoms van Suid-Afrika en jy stel ons in staat om hierdie werk trots aan te pak deur jou bydrae tot hierdie fonds/e.

Indien jy graag toegang tot die volledige voordele van Solidariteit-lidmaatskap wil geniet, skakel gerus in by jou grootste Afrikaanse netwerk van werk.

Skakel gerus met een van ons vriendelike agente in die Dienssentrum om met jou te gesels oor Solidariteit-lidmaatskap. Jy kan jou lidmaatskap bykomend uitneem, of vir die diensagent vra om jou huidige bedrag eenvoudig net op te deel, sodat ’n gedeelte daarvan in die toekoms as jou lidmaatskap dien.

Skakel die Dienssentrum by 0861 252 423

Stuur ʼn e-pos na die dienssentrum: diens@solidariteit.co.za