Ek is lid by een van die ander Solidariteit Beweging instellings, geniet ek dan die voordele van Solidariteit ook?

Ek is lid by een van die ander Solidariteit Beweging instellings, geniet ek dan die voordele van Solidariteit ook?

Ongelukkig nie. Die Solidariteit Beweging is ʼn sambreelorganisasie wat verskeie instellings insluit. Die doel van die Beweging is dat jy deur middel van die funksies wat die onderskeie instellings vervul, in alle fasette van jou lewe (werk, kultuur, burgerregte, maatskaplike ondersteuning, gebalanseerde inligting in die media, ensovoorts) bygestaan word.

Jy ondersteun dus slegs die instelling waarvan jy ʼn lid is omdat elk van hierdie instellings sy eie fokus het. Jy kan egter by meer as een instelling as lid aansluit.