Hoe werk Solidariteit se regsafdeling?

Hoe werk Solidariteit se regsafdeling?

Solidariteit het nie net die grootste regsafdeling van alle Suid-Afrikaanse vakbonde nie, maar sy regsafdeling tel ook onder die grootste arbeidsregpraktyke in Suid-Afrika. Benewens ʼn toegewyde afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid, spog Solidariteit met ʼn span kundige regslui, met inbegrip van prokureurs en advokate, wat sake namens Solidariteit-lede behartig. Solidariteit se Regsdienste behartig op enige gegewe tydstip sowat 1 400 sake namens lede (uitgesonder die aantal kollektiewe geskille wat hanteer word). Die sake handel oor enigiets van ontslag, griewe en pensioengeskille tot vergoedingseise vir beroepsbeserings en -siektes.