Kan Solidariteit my verteenwoordig as ek ʼn werkgewer is?

Kan Solidariteit my verteenwoordig as ek ʼn werkgewer is?

Ongelukkig nie, want Solidariteit is ʼn werknemersorganisasie. Dit beteken dat ons in die belang van werknemers teen hul werkgewers optree. Ons sal dus ongelukkig nie namens ʼn werkgewer teen sy werknemers kan optree nie. Seesa is ʼn werkgewersorganisasie wat namens werkgewers optree. Hulle kan gekontak word by 086 117 3372.

Daar is wel voordele waarby ʼn werkgewer kan baat. As ʼn werkgewer kan jy byvoorbeeld jou vakante poste gratis oplaai op Solidariteit en jy kan ondersteuning aan Solidariteit se beroepsnetwerke in die belang van jou beroep bied. Daar is ook geleentheid om finansiële bydraes aan spesifieke Solidariteit-projekte te maak om te help bou aan ʼn toekoms.