Wat is die verskil tussen kollektiewe lede en indiwiduele lede?

Wat is die verskil tussen kollektiewe lede en indiwiduele lede?

Kollektiewe lede

Kollektiewe lede is werknemers wat by groot maatskappye werk waar Solidariteit reeds kollektiewe status ingevolge ʼn kollektiewe ooreenkoms geniet, of wat by maatskappye werk wat in groepverband bedien word en deur Solidariteit as kollektief geag word. Kollektiewe lede se vakbondlidmaatskapgeld word direk deur die werkgewer van hulle salarisse afgetrek en aan Solidariteit oorbetaal.

Indiwiduele lede

Indiwiduele lede is werknemers wat by maatskappye werk waar Solidariteit nie ʼn erkenningsooreenkoms het nie en lede nie in groepverband bedien word nie. Solidariteit is die enigste vakbond in Suid-Afrika wat ʼn toegewyde afdeling vir indiwiduele lede het. Indiwiduele lede se vakbondlidmaatskapfooi word per debietorder direk van die werknemer se bankrekening verhaal.