Solidariteit se gemeenskapsriglyne

Solidariteit se gemeenskapsriglyne

Welkom by Solidariteit!

#RaakBetrokke by jou grootste Afrikaanse netwerk van werk. Solidariteit is daaraan toegewyd om ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms te bou, en daarom stel ons ook hierdie gemeenskapsriglyne in plek om ʼn positiewe, veilige en respekvolle aanlyn omgewing te skep.

As Christene moet ons doen en late daarvan getuig en daarom is alle haatspraak, kru taal, rassisme en ongepaste inhoud onaanvaarbaar.

Solidariteit behou die reg voor om enige kommentare en plasings wat nie aan die gemeenskapsriglyne voldoen nie, te verwyder, en gebruikers se reg om kommentaar te lewer en plasings te skep kan ook verwyder word.

Dra by tot ʼn positiewe aanlyn gemeenskap deur die volgende riglyne na te kom:

1. Respek vir jouself en jou medemens

Behandel alle gebruikers met respek en waardigheid.

Vermy enige vorm van teistering, haatspraak en beledigende gedrag tydens interaksie met ander gebruikers.

2. Eerlikheid en integriteit

Wees eerlik wanneer jy jou profiel skep. Inligting oor jou identiteit, ervaring en kwalifikasies moet dus geloofwaardig wees. Solidariteit is daaraan toegewyd om ʼn netwerk te skep waar ons vanuit die gemeenskap vír die gemeenskap werk kan skep. Daarom is dit noodsaaklik dat werkgewers deursigtig moet wees ten opsigte van die poste wat geadverteer word. Werksoekers dra egter ook die verantwoordelikheid om eerlik en opreg oor hul ervaring en kwalifikasies te wees. Moenie ander mislei deur vals inligting te verskaf nie.

3. Veiligheid

Geen inhoud wat geweld of enige ander vorm van skade of leed aanhits of bevorder, mag geplaas word nie. Dit sluit in enige inhoud wat geweld aanhits, of wat gebruikers op Solidariteit bedreig.

4. Privaatheid en persoonlike inligting

Respekteer ander se privaatheid. Hou in gedagte dat persoonlike inligting van ander nie sonder hul toestemming gedeel mag word nie. Hou ook jou eie persoonlike inligting en data veilig deur nie jou e-posadres en wagwoord te deel nie.

5. Gepaste inhoud

Vermy die plasing van eksplisiete, pornografiese of ander onvanpaste inhoud.

Geen inhoud wat onwettig is of die landswette oortree, mag geplaas word nie. Solidariteit is ʼn netwerk van werk – kom ons hou dit so.

7. Intellektuele eiendom

Respekteer ander se intellektuele eiendom. Oortreding van intellektuele eiendomsreg kan tot boetes of selfs dagvaarding lei.

8. Verantwoordelikheid

Wees verantwoordelik vir jou eie inhoud en optrede op die platform.

  • Rapporteer enige oortredings van hierdie riglyne.
  • Om kommentaar te rapporteer, navigeer na die kebabkolletjies (die drie kolletjies) en kies “rapporteer”.
  • Wanneer ʼn kommentaar gerapporteer word, sal opgeleide Solidariteit-moderators die gerapporteerde kommentaar hersien en verwyder, of die gebruiker blok.
  • Die rapportering van kommentaar vind anoniem plaas. Die persoon sal dus nie kan sien dat jy hom/haar gerapporteer het nie.
  • Deur hierdie riglyne na te kom, help ons om ʼn veilige en respekvolle aanlyn omgewing vir almal te skep. Dankie vir jou samewerking en bydrae tot ‘n positiewe aanlyn ervaring op Solidariteit.

Die redes waarom jy ʼn plasing kan rapporteer:

  1. Dit is gemorspos. Gemorspos sluit in maar is nie beperk nie tot die volgende:
  • boodskappe wat nie relevant tot die gesprek is nie
  • verkope van goedere in die kommentaar-afdeling
  • internetbedrog
  • swendelary

2. Dit is haatspraak of -simbole:

  • Die plasing van inhoud, kommentaar en/of prente/foto’s wat ʼn gebruiker of ʼn groep op grond van ras, etnisiteit, nasionaliteit, seksuele oriëntasie, geslag, geloof, ensovoorts aanspreek.

3. Dit is gewelddadig of stook geweld:

  • Enige inhoud wat geweld aanstook, romantiseer of aanhits.

4. Die verkope van onwettige of gereguleerde goedere:

  • Geen verkope van onwettige of gereguleerde goedere sal op Solidariteit geduld word nie.

5. Boelie of teistering:

  • Geen inhoud wat persone of ʼn groep op enige wyse boelie of teister op grond van ras, etnisiteit, nasionaliteit, seksuele oriëntasie, geslag, geloof, werk, ensovoorts mag geplaas word nie.

6. Skending van intellektuele eiendom:

  • Dit is ontoelaatbaar om intellektuele eiendom te plaas/verkoop of voordeel daaruit te trek sonder die eienaar se toestemming. Indien iemand jou of iemand wie jy ken se intellektuele eiendom plaas, meld dit aan.

7. Valse of misleidende inligting:

  • Moenie inligting plaas wat misleidend of vals is nie. Dit sluit in poste of die inligting wat in jou profiel/CV ingesluit is.

8. Ek hou net nie daarvan nie.

  • Solidariteit is daarop toegespits om ʼn veilige platform te bewerkstellig waar elkeen hul sê kan sê. Indien iemand se kommentaar egter nie met jou waardes ooreenstem nie, kan jy daardie persoon rapporteer en ons span sal die kommentaar modereer.

9. Dit is onvanpas:

  • Enige kommentaar, inhoud of prente/foto’s wat onvanpas is. Dit sluit in maar is nie beperk nie tot suggestiewe inhoud en kru taal.

10. Naaktheid of seksuele inhoud:

  • Geen inhoud wat suggestief is en/of pornografiese inhoud, prente/foto’s of video’s bevat, sal geduld word nie en sal onmiddellik verwyder word.

11. Selfmoord of selfleed:

  • Inhoud, video’s of foto’s wat beelde van selfmoord of selfleed bevat, bespreek of romantiseer, sal nie op Solidariteit geduld word nie.

12. Dwelms:

  • Geen inhoud, prente/foto’s, video’s of kommentaar wat dwelms verkoop of die gebruik van dwelms aanmoedig, sal geduld word nie.

13. Hierdie profiel gee voor om iemand anders te wees:

  • Indien jy vermoed dat ʼn gebruiker hom/haar as iemand anders voordoen, meld dit asseblief dadelik aan.