Met watter soort sake kan Solidariteit se regspan my help?
Solidariteit help lede met arbeidsverwante sake deur gratis regsverteenwoordiging te bied in aangeleenthede wat na die KVBA of die arbeidshof verwys word.
Solidariteit staan lede ook by in beroepsgesondheid- en veiligheidsake (BGV) om ʼn veilige werkomgewing te help verseker, asook om ondersteuning te bied met enige verwante eise of kwessies.