Hoe kan ek studiebeurse en -lenings opspoor en daarvoor aansoek doen?

Hoe kan ek studiebeurse en -lenings opspoor en daarvoor aansoek doen?

Studiebeurse en studielenings verskil van mekaar. ʼn Studiebeurs is gewoonlik ʼn bedrag geld wat deur ʼn eksterne persoon of instansie aan ʼn student toegeken word. Die belangrikste voorwaardes wat gewoonlik hieraan verbonde is, is dat die student ʼn sekere akademiese standaard moet handhaaf en ná afloop van sy of haar studie vir die maatskappy moet gaan werk.

Met ʼn studielening word ʼn bedrag geld ook vir die student se studie toegeken, maar dit moet ná afloop van die studietydperk aan die eksterne persoon of instansie terugbetaal word.

Solidariteit lys verskeie instansies en hul kontakbesonderhede onder Solidariteit se Skoliere-aanbod by wie julle kan aanklop vir finansiële studiehulp, wat onder andere Solidariteit Finansiële Dienste (SFD), die Helpende Hand Studietrust (HHST), die Atterbury Trust, die Helpmekaar Studiefonds en vele meer insluit. 

Onthou asseblief dat Solidariteit se Skoliere-aanbod nie sélf studieondersteuning bied nie, maar ons verskaf wel inligting oor instansies wat dit bied.

Die beste tyd om aansoek te doen is tussen April en September in die jaar voordat jy van plan is om te gaan studeer.


Volg hierdie skakel na die Skoliere-aanbod se studieondersteuningsblad.