Hoe kontak ek na voltooiing van my belangstellingsbepaler loopbaanvoorligters vir aanlegtoetse?

Hoe kontak ek na voltooiing van my belangstellingsbepaler loopbaanvoorligters vir aanlegtoetse?

Lê psigometriese toetse by een van die kundiges in Solidariteit se netwerk van bedryfsielkundiges, opvoedkundige sielkundiges en psigometriste af.

ʼn Psigometriese toets is ʼn toets wat jou aanlegte, vaardighede en karaktereienskappe na vore bring, en dit word slegs onder streng toesig deur gekwalifiseerde kundiges gedoen.

Hierdie pakket, wat vir deelnemers aan Solidariteit se Skoliere-aanbod beding is, gaan jou ʼn maksimum van R2 500,00 kos en sluit die volgende in:

• Ten minste een geakkrediteerde psigometriese toets wat jou aanleg bepaal.

• Ten minste een geakkrediteerde psigometriese toets wat jou persoonlikheid analiseer.

• Ten minste een konsultasie wat ʼn uur lank duur met die kundige van jou keuse.

Volg hierdie skakel om die loopbaanvoorligters te sien wat deel van Solidariteit se Skoliere-aanbod vorm.