Hoe werk die Belangstellingsbepaler?

Hoe werk die Belangstellingsbepaler?

Een van die moeilikste maar tog belangrikste besluite wat jy op skool moet neem, is die besluit oor watter beroep jy eendag gaan beoefen.

Solidariteit maak loopbaanvoorligtingshulpbronne aan jou kind beskikbaar om hulle te help met hulle beroepskeuses. Die eerste hiervan, is die belangstellingsbepaler. Hierdie hulpbron is ʼn 20 minute aanlyn toets wat jou kind kan voltooi om te bepaal waarin hy of sy belangstel. Hierdie belangstellings kan dan as aanduider vir vakkeuses gebruik word.