Hoe werk die vakkeuse-portaal?

Hoe werk die vakkeuse-portaal?

Wanneer dit by vakkeuses kom is daar só baie opsies dat dit ʼn mens heel deurmekaar kan maak.

Met meer as 30 kort video’s op Solidariteit by die #Vakkeuse-portaal is dit nou makliker as ooit vir jou kind om die regte vakke te kies wat hul toekomsdrome en -doelwitte sal ondersteun. Daarom het ons reeds die regte vrae gevra sodat jy nie hoef nie, en jy maklik die regte keuses kan maak. Vrae soos watter keuses gaan my in staat stel om my drome na te jaag, of wat die beste keuse vir my omstandighede is, is vrae wat elke jaar weer en weer gevra word.

Hiér kry jy ook die antwoorde op vrae wat jy mag hê oor ʼn wye verskeidenheid vakke – van Duits, tot Elektronika en die wêreld van Wiskunde – jou antwoorde lê alles hier!