Hoeveel kos dit om ʼn deelnemer aan Solidariteit se Skoliere-aanbod te wees?

Hoeveel kos dit om ʼn deelnemer aan Solidariteit se Skoliere-aanbod te wees?

Solidariteit se Skoliere-aanbod is gratis vir skoliere.

Jy kry toegang tot:

  • #Vakkeuse-video’s

Wanneer dit by vakkeuses kom is daar so baie opsies dat dit ʼn mens heel deurmekaar kan maak. Vrae soos watter keuses gaan my in staat stel om my drome na te jaag, of wat die beste keuse vir my omstandighede is, is vrae wat elke jaar weer en weer gevra word.

Daarom het ons reeds die regte vrae gevra sodat jy nie hoef nie, en jy maklik die regte keuses kan maak.

  • Loopbaankompas

Een van die moeilikste maar tog belangrikste besluite wat jy op skool moet neem, is die besluit oor watter beroep jy eendag gaan beoefen. Om hierdie pad en die worsteling met al hierdie vrae makliker te maak, het Solidariteit hulpmiddels ontwikkel om die loopbaanreis met gemak aan te pak.

  • Bedryfsielkundiges

Lê psigometriese toetse by een van die kundiges in Solidariteit se netwerk van bedryfsielkundiges, opvoedkundige sielkundiges en psigometriste af.

  • Studieondersteuning

Ons studieondersteuningsblad bied ʼn lys van instansies wat jy kan kontak vir moontlike studiehulp.