Gekopieër
Om te sweis verg geduld, oefening en ʼn stewige kennisgrondslag. In hierdie kursus sal jy meer oor die teorie van gasmetaalboogsweiswerk (GMAW) leer.
Die doel van hierdie kortkursus oor GMAW (Co2-sweis) is om ʼn student die geleentheid te bied om GMAW-vaardighede aan te leer. Hierdie vaardighede sal mense in staat stel om hul eie sweisprojekte, soos die bou van hekke, diefwering en staalmeubels, uit te voer.
Gedurende hierdie opleiding sal die student leer oor GMAW-veiligheid, simbole, sweisbare metale en sweisposisies.
Komponent 1: Teorie
Week 1: Self-gerigte aanlyn leer op Solidariteit Leer
Komponent 2: Prakties
Week 2-3: Op die Sol-Tech-kampus, in die werkswinkel
(Maandag tot Donderdag, na-ure, +- 3 ure per dag)
Toerusting benodig
*Aankoop van toerusting is die student se eie verantwoordelikheid.
- PPE
- Veiligheidsbril
Om hierdie kursus by te woon stuur asseblief 'n e-pos aan: Ambag@solidariteit.co.za.
KURSUSFORMAAT:
E-leerkursus
TER WAARDE VAN:
R5235
DUUR VAN KURSUS:
Week 1: e-leerkursus | Week 2-3: praktiese toepassing
PLEK WAAR DIE KURSUS AANGEBIED WORD:
Teorie: Aanlyn | Prakties: Op kampus
Wil jy ʼn kursus voltooi?
Om toegang tot hierdie produk te kry, moet jy ʼn gratis Solidariteit-profiel hê.