mentorskapopleiding

Mentorskapopleiding

Hierdie kursus sal jou as mentor bemagtig om uitnemend te wees. Mentors het ʼn passie om hul kennis en vaardighede met ʼn mentee te deel om sodoende tot die ontwikkeling van die mentee by te dra sodat hy of sy sukses in hulle beroep kan behaal.

Dié opleiding dek onder meer:
• Die oorsprong van mentorskap
• Wat is ʼn mentorskap?
• Die voordele van ʼn mentorskap vir sowel die mentor as die mentee
• Die vestiging van gesonde vetrouensverhoudinge
• Verantwoordelikhede van ʼn mentor
• Die verskil tussen ʼn mentorskap en afrigting
• Die slyp van jou afrigtingsvaardighede

KURSUSFORMAAT:

Webinaar

TER WAARDE VAN:

R500

DUUR VAN KURSUS:

1 week


Koste : R500
Solidariteit-lede : Gratis

Wil jy ʼn kursus voltooi?

Om toegang tot hierdie produk te kry, moet jy ʼn gratis Solidariteit-profiel hê.