metaalboogsweis
Metaal boogsweis

Om te sweis verg geduld, oefening en ʼn stewige kennisgrondslag. In hierdie kursus sal jy meer oor die teorie van metaalboogsweiswerk leer.


Die doel van hierdie kortkursus oor boogsweis is om ʼn student die geleentheid te bied om boogsweiswerkvaardighede aan te leer. Dit sal die student in staat stel om basiese sweiswerk te kan uitvoer. Persone wat die kursus suksesvol voltooi het, sal hul eie projekte soos die bou van hekke, diefwering, staalmeubels, self kan hanteer.


Gedurende hierdie opleiding sal die student leer van boogsweisveiligheid, simbole, sweisbare metale en sweisposisies.


Komponent 1: Teorie

Week 1: Self-gerigte aanlyn leer op Solidariteit Leer


Komponent 2: Prakties

Week 2-3: Op die Sol-Tech-kampus, in die werkswinkel

(Maandag tot Donderdag, na-ure, +- 3 ure per dag)


Toerusting benodig

*Aankoop van toerusting is die student se eie verantwoordelikheid.
  1. PPE
  2. Veiligheidsbril


Om hierdie kursus by te woon stuur asseblief 'n e-pos aan: Ambag@solidariteit.co.za.


KURSUSFORMAAT:

E-leerkursus

TER WAARDE VAN:

R5235

DUUR VAN KURSUS:

Week 1: e-leerkursus | Week 2-3: praktiese toepassing

PLEK WAAR DIE KURSUS AANGEBIED WORD:

Teorie: Aanlyn | Prakties: Op kampus


Koste : R5235
Solidariteit-lede : R4188

Wil jy ʼn kursus voltooi?

Om toegang tot hierdie produk te kry, moet jy ʼn gratis Solidariteit-profiel hê.