Hierdie produk is slegs vir lede.

Gekopieër
Metaal boogsweis
Om te sweis verg geduld, oefening en ʼn stewige kennisgrondslag. In hierdie kursus sal jy meer oor die teorie van metaalboogsweiswerk leer.
Die doel van hierdie kortkursus oor boogsweis is om ʼn student die geleentheid te bied om boogsweiswerkvaardighede aan te leer. Dit sal die student in staat stel om basiese sweiswerk te kan uitvoer. Persone wat die kursus suksesvol voltooi het, sal hul eie projekte soos die bou van hekke, diefwering, staalmeubels, self kan hanteer.
Gedurende hierdie opleiding sal die student leer van boogsweisveiligheid, simbole, sweisbare metale en sweisposisies.
Komponent 1: Teorie
Week 1: Self-gerigte aanlyn leer op Solidariteit Leer
Komponent 2: Prakties
Week 2-3: Op die Sol-Tech-kampus, in die werkswinkel
(Maandag tot Donderdag, na-ure, +- 3 ure per dag)
Toerusting benodig
*Aankoop van toerusting is die student se eie verantwoordelikheid.
- PPE
- Veiligheidsbril
Om hierdie kursus by te woon stuur asseblief 'n e-pos aan: Ambag@solidariteit.co.za.
KURSUSFORMAAT:
E-leerkursus
TER WAARDE VAN:
Koste: R5235 | Solidariteit-lede: R4188
DUUR VAN KURSUS:
Week 1: e-leerkursus | Week 2-3: praktiese toepassing
PLEK WAAR DIE KURSUS AANGEBIED WORD:
Teorie: Aanlyn | Prakties: Op kampus
Om toegang te kry tot hierdie produk moet jy ‘n lid wees en ‘n aktiewe profiel hê.