omgekeerde-klaskamer

Omgekeerde klaskamer

Onderwysers wat tans in die onderwys is, kom voor talle uitdagings te staan. Tegnologie is sterker as ooit en tog is die aanvaarding van tegnologie steeds traag in baie skole. Kommer heers dat tegnologie die onderwys ver verbygesteek het; as dit teen dié trant sou voortgaan, sal die onderwys soos ons dit ken “verouderd” wees of agtergelaat word. Dít is nie goed vir taal-, kultuur- en waardeoordrag nie. Die huidige onderwysaanbod voorsien nie in die vraag na onderwys van gehalte nie, en dus is die tyd ryp om die onderwys nou aan te pas en te verbeter. In hierdie kursus sal jy bekendgestel word aan ʼn onderrigmetode wat jou die ruimte sal bied om binne die huidige skoolstelsel aan te hou uitblink danksy die voordeel van tyd – tyd om ʼn opvoeder te wees.

KURSUSFORMAAT:

E-leerkursus

TER WAARDE VAN:

Slegs vir Solidariteit- en SOS-lede

DUUR VAN KURSUS:

12 weke


Koste : Slegs vir Solidariteit- en SOS-lede
Solidariteit-lede : Gratis

Wil jy ʼn kursus voltooi?

Om toegang tot hierdie produk te kry, moet jy ʼn gratis Solidariteit-profiel hê.