aktekursus-vir-regsassistente

Aktekursus vir regsassistente

Die Aktekursus vir regsassistente is ’n gesogte kursus van die Gawie le Roux Regsinstituut, sedert 1999 die standaard vir regsassistente. Dit bied gespesialiseerde opleiding in transport-, deeltitel-, verbande- en boedelaktes, en bou jou vaardighede stapsgewys uit oor drie vlakke. Jy begin by Vlak 1 en vorder na Vlak 3 – elke vlak is ’n vereiste vir die volgende.


Met oopboektoetse en praktiese gevallestudies ontwikkel jy selfvertroue en bekwaamheid, met die moontlikheid om Silwer én Goue Sertifikate te verwerf wat regoor die professie erken word.


Die kursus is beskikbaar as Zoom-lesings, opnames en selfstudie.


Solidariteit-lede kwalifiseer vir 15% afslag op alle vlakke – geldig vir vroeë of normale registrasiefooie.


Om hierdie kursus by te woon stuur asseblief 'n e-pos aan: kantoor@solidariteit.co.za


Bepalings en voorwaardes geld.


KURSUSFORMAAT:

E-leerkursus

TER WAARDE VAN:

Slegs vir Solidariteit-lede

DUUR VAN KURSUS:

1-2 weke per vlak


Koste : Slegs vir Solidariteit-lede
Solidariteit-lede : 15% afslag

Wil jy ʼn kursus voltooi?

Om toegang tot hierdie produk te kry, moet jy ʼn gratis Solidariteit-profiel hê.