loading
Artikels
2 dae gelede
6-redes-wat-wys-dat-afrikaners-wel-vervolg-word

Foto Krediet: OkayDeer

6 redes wat wys dat Afrikaners wél vervolg word

Suid-Afrika is die mees rasgereguleerde land ter wêreld. Sommige wil ontken dat Afrikaners vervolg word, ander ontken die werklikheid van plaasmoorde. Hierdie artikel gee vir jou 6 redes wat wys dat Afrikaners wel vervolg word.


Deur Charl Oberholzer

Afrikaners, soos talle ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika, beleef wel rassevervolging deur die regering. Van rassewetgewing wat mense verhoed om tot die ekonomie by te dra, tot blatante aansporing van geweld. Hier is ses argumente om nie die regering se sogenaamde mooi beleid van “inklusiwiteit”, “regstelling” of “transformasie” te verwar vir vriendelikheid nie:

  1. 1. Dit is gevaarliker om op die platteland te woon of ’n plaasboer te wees in Suid-Afrika as om ’n polisiebeampte te wees. Sowat 100 plaasmoorde per 100 000 mense word gepleeg. Dit teenoor die nasionale gemiddeld van 30 mense per 100 000 en vir polisiebeamptes 40 per 100 000. (Lees die statistieke hier)
  2. 2. ’n Politieke en rasmotief is teenwoordig by talle plaasaanvalle, volgens dr. Johan Burger se navorsing van 3 500 polisiedossiere. (Lees die bron hier).
  3. 3. Meer as 116 rassewette is sedert 1994 deur die Suid-Afrikaanse parlement aangeneem. (Lees gerus die bron hier).
  4. 4. Suid-Afrika is die mees rasgereguleerde land ter wêreld.
  5. 5. Politici in Suid-Afrika pleeg duidelike haatspraak en moedig geweld teen minderhede aan.
  6. 6. Die staat verval. Swart werkloosheid het sedert 2008 verdubbel. (Lees die bron hier).

As ʼn mens na hierdie lys kyk en verder oor die gevalle lees is dit duidelik dat Afrikaners as minderheidsgroep wel vervolg word.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel