loading
avatar
Artikels
18 uur gelede
jou-werk-jou-regte-jou-beskerming

Foto Krediet: Solidariteit

Jou werk. Jou regte. Jou beskerming.

Elke werknemer verdien sterk ondersteuning wanneer dit saak maak. Dit is presies wat Solidariteit bied: professionele arbeidsregsbystand, betroubare regsadvies en ʼn verbintenis tot die beskerming van werkende mense se regte, werk en inkomste.

Solidariteit-lede geniet, benewens ander voordele, volle regsverteenwoordiging van een van Suid-Afrika se grootste en mees bekwame arbeidsregspanne. Wanneer uitdagings in die werkplek ontstaan, staan ons span saam met jou en voer die stryd namens jou – van arbeidshofsake en sake wat voortspruit uit beserings aan diens tot professionele arbeidsregsadvies.

Ons Nelspruit-netwerkkantoor is ook trots om vir die eerste keer genomineer te word in die gesogte Best of Mbombela Readers’ Choice Awards 2025 in die kategorie Professional Legal Services. Hierdie nominasie weerspieël die vertroue wat die gemeenskap plaas in die werk wat ons elke dag doen.

Ons moedig Solidariteit-lede en die gemeenskap aan om hul ondersteuning te toon deur vir die Nelspruit-kantoor te stem sodra die toekenningskompetisie op 26 Maart afskop.

Solidariteit glo in gemeenskap en die Nelspruit-kantoor vergestalt hierdie beginsel – uit die gemeenskap, vir die gemeenskap. Ons verteenwoordigers is deel van dieselfde gemeenskap wat hulle dien. Of dit Connie Lotter is wat graag skilder, dig en lees, en die Krugerwildtuin haar tweede huis noem óf Johan van Eck, ʼn kranige reisiger wat reeds 221 dorpe en stede in Suid-Afrika verken het – ons mense straal toewyding en passie in hul werk uit.

Kontak ons Nelspruit-​​kantoor vandag om uit te vind hoe ons jou kan help om die werkplekbeskerming te ontvang wat jy verdien.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel