Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Skep só jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn
Deur Maryna Eksteen
Solidariteit-aanlyn is ʼn omvangryke aanlyn werkgemeenskap waar werkgewers en werksoekers bymekaar kan kom. Dit is ʼn gemeenskap waar jy toegang verkry tot die hulpbronne, ondersteuning en leiding wat jy nodig het om aan die voorpunt van jou beroep te bly. Dit is ʼn bymekaarkomplek vir werkgewers en werksoekers, studente en kundiges, en beroepslui oor verskeie velde heen.
Solidariteit-aanlyn bied ʼn wye verskeidenheid werkkategorieë wat volgens die unieke behoeftes van ons gemeenskap saamgestel is. Hierdie kategorieë sluit in vakansiewerk, skaduwerk, tydelike werk, voltydse werk, internskappe en klerkskappe. Lees hier meer oor werkfasilitering op Solidariteit-aanlyn.
Om ʼn profiel op Solidariteit te registreer is so maklik soos een, twee, drie. Volg hierdie stappe:
Registreer jou profiel
- • Stap 1: Gaan na www.solidariteit.co.za en klik op die “Registreer”-skakel.
- • Stap 2: Vul die vereiste inligting in.
- • Stap 3: Voltooi jou profiel.
Koppel jou lidmaatskap
- • Stap 1: Gaan na www.solidariteit.co.za.
- • Stap 2: Teken in om na die Solidariteit-platform deurgeskakel te word.
- • Stap 3: Indien jy jou lidmaatskap op ʼn skootrekenaar koppel, klik op die lidmaatskap-opsie aan die linkerkant van die skerm. Indien jy jou lidmaatskap op jou selfoon koppel, klik op die hamburger-kieslys links bo in die koppelvlak en kies dan die lidmaatskap-opsie.
- • Stap 4: Klik op “Koppel my lidmaatskap”.
- • Stap 5: Gebruik jou ID-nommer om jou lidmaatskap aan jou profiel te koppel.
Deur jou lidmaatskap te koppel kan jy nóg voordele op Solidariteit-aanlyn ontsluit, soos om deel te word van jou beroepsnetwerkgroep.
Laai jou CV af
Die inligting wat op jou profiel gelaai is, kan gebruik word om jou CV te bou. Daarom is dit belangrik om te verseker dat jou profiel so volledig as moontlik is.
- • Stap 1: Klik op die ikoon met jou profielfoto.
- • Stap 2: Klik op “Profiel”.
- • Stap 3: Maak seker al die inligting op jou profiel is volledig.
- • Stap 4: “Scroll” na heel onder en klik op “Stoor profiel as PDF”.
In vier maklike stappe het jy ʼn professioneel opgestelde CV wat na jou e-posadres gestuur sal word.
My lys van werkgewers
Wanneer jy ʼn pos op Solidariteit-aanlyn wil plaas, is dit belangrik om te onthou dat jy eers ʼn organisasie moet skep.
- • Stap 1: Klik op “Werk” op die kantnavigasie-kieslys.
- • Stap 2: Klik op “Skep ʼn werkgewer-profiel” onder “Werkgewers”.
- • Stap 3: Vul die vereiste inligting in.
Nou is jy gereed om ʼn pos op te laai.
Laai ʼn pos op
Die belangrikste om te onthou wanneer jy ʼn pos op Solidariteit wil laai, is dat jy ʼn profiel vir jou onderneming moet skep.
- • Stap 1: Klik op “Werk” op die kantnavigasie-kieslys.
- • Stap 2: Klik op “Skep ʼn pos”.
- • Stap 3: Vul al die vereiste inligting in.
- • Stap 4: Klik op “Gaan voort”.
Soek ʼn werk
Werksoek was nog nooit so maklik soos hier op Solidariteit-aanlyn nie.
- Stap 1: Klik op “Werk” op die kantnavigasie-kieslys.
- Stap 2: Kies die “Soek ʼn werk”-opsie vanaf die kieslys. Hier kan jy vir ʼn spesifieke werk soek, werk soek volgens area en beroepsveld, of deur beskikbare poste blaai.
- Stap 3: Om die posbeskrywing oop te maak, klik op die pos waarvoor jy wil aansoek doen.
- Stap 4: Jy kan kies of jy met jou CV of profiel vir die pos wil aansoek doen.
- Stap 5: Skryf ʼn dekbrief om saam met jou aansoek aan die werkgewer te stuur. Neem kennis – ʼn dekbrief is nie ʼn vereiste nie.
- Stap 6: Klik op “Doen aansoek” om jou aansoek in te dien.
Groepe
Die groepe waaraan jy behoort, sal slegs sigbaar wees indien jy ʼn lid van Solidariteit is.
- • Stap 1: Klik op “Groepe”.
- • Stap 2: Kies die groep waarby jy wil aansluit.
- • Stap 3: Klik op die “Raak deel”-knoppie.
Nou kan jy heerlik op die groep kuier, lees en leer.
#RaakTuis op Solidariteit-aanlyn en klik hier om deel te word van ʼn reuse-helpmekaargemeenskap wat saamstap op jou loopbaanpad. Klik hier om vandag nog ʼn lid te word.