loading
avatar
Artikels
1 jaar gelede
jou-afrikaanse-eenstopplatform-vir-werk

Foto Krediet: OkayDeer

Soek werk in Afrikaans want #JyHoortHier!

Deur Ané Janse van Rensburg

Dit raak al hoe moeiliker om die wêreld van werk te betree. Die lys vereistes om vir poste aansoek te doen, raak al langer. Daar is ʼn oormaat van kandidate, en dit lyk asof geleenthede dikwels meer afhanklik is van wie jy ken as wat jy weet. Solidariteit bring egter ʼn vars en opwindende benadering tot die werksoekproses!

Elkeen wat wíl werk, móét kan werk. Of dit nou vakansiewerk vir studente of ʼn voltydse werkgeleentheid vir ʼn professionele persoon is – danksy werkfasilitering bied Solidariteit ʼn volhoubare oplossing, want #JyHoortHier.

Werkfasilitering is ʼn gratis funksionaliteit wat daarop gemik is om werkgewers en werksoekers met mekaar te verbind – alles in Afrikaans! Solidariteit tree nie as ʼn plasingsmaatskappy op nie, maar fasiliteer eerder die proses om werkgewers en werksoekers bymekaar te bring. Deur hierdie belangrike rol binne die gemeenskap te vervul, dra Solidariteit-aanlyn by tot die skepping van ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms.

Só werk die proses van werkfasilitering op Solidariteit-aanlyn:

  1. 1. Registreer jou profiel op Solidariteit en raak deel van die grootste aanlyn werkgemeenskap. Klik hier om jou profiel te skep.
  2. 2. Voltooi jou profiel deur jou besonderhede in te vul en terselfdertyd jou digitale CV te bou. Laai jou CV af met behulp van ons slim CV-bouer.
  3. 3. Besigtig beskikbare poste en doen aansoek vir jou droompos!

Met hierdie drie stappe maak Solidariteit dit vir jou maklik om die werkmag te betree.

Solidariteit bied ook ʼn wye verskeidenheid werkkategorieë wat volgens die unieke behoeftes van ons gemeenskap saamgestel is. Hierdie kategorieë sluit vakansiewerk, skaduwerk, tydelike werk, voltydse werk, internskappe en klerkskappe in. Lees hier meer.

Die waarde van werkfasilitering vir die Afrikaner-kultuurgemeenskap lê daarin dat dit ʼn betroubare en veilige ruimte bied waar lede geskikte werkgeleenthede kan vind wat met hul individuele behoeftes ooreenstem. Solidariteit streef daarna om ʼn gevoel van gemeenskap en wedersydse ondersteuning te bevorder deur werksoekers en werkgewers bymekaar te bring.

Vir diegene wat by Solidariteit aansluit, is daar nóg meer waarde om te ontgin. Lede kry die geleentheid om hul professionele netwerk uit te brei en skouers te skuur met kenners en kundiges in hul beroep. Daarmee saam kry lede ook gratis toegang tot meer as 150 kursusse vir voortgesette leer, wat hulle bemagtig om in die werkplek bo hul mededingers uit te staan.

Maak vandag die deure na jou beroepsukses wawyd oop danksy die grootste Afrikaanse aanlyn werkportaal. Klik hier om vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te skep en druk jou stempel op die werkmag af!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel