loading
Artikels
1 maand gelede
afrikaner-jyhoorthier

Foto Krediet: OkayDeer

Afrikaner, #JyHoortHier!

Deur Ané Janse van Rensburg

Dit voel deesdae of Suid-Afrikaners oorrompel word met “wonder”. Ons wonder waarheen ons op pad is. Hoort ons nog hier? Hoe gemaak met ons taal wat bedreig word? Het ons kinders ʼn toekoms? Gaan húlle nog hier hoort?

Dit is met ʼn terugflits na waar ons vandaan kom en die herinnering van wie voor ons geveg het om te wees waar ons kan wees, dat ʼn riem onder elke Suid-Afrikaner se hart gaan lê. Soos wat diegene destyds geveg het vir vryheid vir ons taal en kultuur, veg en bou Solidariteit elke dag voort aan dieselfde droom.

Afrikaners is maar so gemaak en so gelaat staan. Dit is hier in ons geboorteland waar ons taal, ambisies, tradisies en geloof hulself vestig. Dis ons herkoms en ons toekoms.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit sê: “Dis hier waar jy kan braai, in Afrikaans kan lag. Dis hier waar jou mense is, vriende en familie. Dis Bosveld en see, Karoo en die Kruger. Dis koeksisters en melktert, biltong en blatjang. Dis kampvuur, 4 x 4 en ʼn tjoppie op hardekool. Dis rugby en nartjies, Bulle en Haak Vrystaat. Dis in Afrikaans droom en bid. Dis anders, moeilik om te beskryf, maar dis ek. Dis tog duidelik: Jy hoort hier!”

Vat vandag hande saam met Solidariteit. Veg en bou saam met ons, want #JyHoortHier!

Loer gerus na ons #JyHoortHier-bekendstellingsvideo:

Registreer jou gratis profiel op Solidariteit en raak deel van jou grootse Afrikaanse aanlyn werkgemeenskap.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel