Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Is Suid-Afrika nog ʼn veilige plek om ʼn loopbaan te bou?
Deur Liza Joubert
Dít is ʼn vraag wat toenemend onder studente, jong werkendes en selfs gevestigde professionele mense bestaan: “Is Suid-Afrika nog ʼn plek waar mens ʼn volhoubare loopbaan kan bou?” Met voortdurende nuus oor ekonomiese druk, beleidsonsekerheid, beurtkrag, hoë werkloosheid en emigrasie, is dit verstaanbaar dat mense onseker voel oor hul toekoms in hierdie land.
Tog is die prentjie meer genuanseerd as wat negatiewe opskrifte laat blyk. Terwyl die makro-ekonomiese uitdagings werklik is, toon praktiese data en werklike arbeidsmarkaktiwiteite dat daar steeds geleenthede bestaan – veral vir dié wat strategies beplan, hul vaardighede ontwikkel en deel vorm van sterk netwerke.
Wat die data sê
Teenoor die algemene narratief van “daar is geen werk nie”, gee Solidariteit se werkplatform konkrete statistiek:
- • Meer as 140 000 gebruikers
- • Nagenoeg 4 000 ondernemings is reeds op die platform geregistreer
- • Bykans 14 000 poste is tot dusver geplaas
- • Op enige gegewe dag is daar ongeveer 650 aktiewe poste beskikbaar
- • In Desember 2025 alleen is daar vir meer as 3 300 poste aansoek gedoen
- • Meer as 15 000 CV’s is tans op Solidariteit beskikbaar.
Hierdie syfers wys dat daar wel ʼn funksionerende arbeidsmark bestaan – een wat dinamies is, maar waar toegang, sigbaarheid en voorbereiding die verskil maak tussen uitsluiting en deelname.
Die kernboodskap wat Solidariteit herhaaldelik beklemtoon, is #OnsSalSelf: Suid-Afrikaners hoef nie net passiewe ontvangers van beleid en omstandighede te wees nie. Dit beteken om self skouer aan die wiel te sit en doelbewus te werk aan ʼn nuwe realiteit waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan leef.
Deur gemeenskappe, instellings en platforms te bou wat werk skep, vaardighede ontwikkel en mense verbind, word ʼn parallelle toekoms aktief geskep. Hierdie benadering verskuif die fokus van “wag vir oplossings” na “bou oplossings”. Dit sluit praktiese opleiding, loopbaanontwikkeling, netwerkvorming en gerigte ondersteuning vir jong mense in, wat hul plek in die arbeidsmark probeer vestig.
Solidariteit se doel is dat almal wat wil werk, goed moet kan werk en hul volle potensiaal moet bereik. ʼn Toekoms waarin ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig kan woon en werk, word nie afgewag nie – dit word doelbewus gebou deur ʼn netwerk waarin ons mekaar ondersteun, in ons loopbane én in ons werk.
Volhoubaarheid lê in voorbereiding en verbondenheid
Is Suid-Afrika dus nog ʼn veilige plek om ʼn loopbaan te bou? Die eerlike antwoord is: dit hang af hoe jy dit benader. Vir dié wat alleen probeer oorleef, sonder vaardigheidsontwikkeling of ondersteuning, is die risiko groot. Maar vir jong mense en werkendes wat deel is van strukture wat hul bemagtig, beskerm en verbind, is daar steeds werklike moontlikhede.
ʼn Volhoubare loopbaan in Suid-Afrika in 2026 vereis meer as net ʼn kwalifikasie. Dit verg toegang tot netwerke, platforms wat werk sigbaar maak, en instellings wat doelbewus in mense belê.
Die toekoms word nie net deur beleid bepaal nie – dit word daagliks gebou deur mense wat kies om betrokke te raak, vaardighede te slyp en saam oplossings te skep. Dan is Suid-Afrika nie net ʼn plek om te bly nie; dit is ʼn plek waar ʼn toekoms doelbewus geskep kan word. Soos dr. Dirk Hermann sê: “As ons twyfel oor die toekoms, bou ons dit.”
Skep jou Solidariteit-profiel en sluit vandag nog aan by hierdie netwerk van werk waar jy jou toekoms net hier kan bou – want #JyHoortHier! Klik hier; dit is gratis én in Afrikaans.