loading
avatar
Artikels
19 uur gelede
hoe-maak-jy-n-goeie-indruk-in-die-eerste-90-dae-van-jou-nuwe-werk

Foto Krediet: Okay Deer

Hoe maak jy ʼn goeie indruk in die eerste 90 dae van jou nuwe werk?

Deur Liza Joubert

Om ʼn nuwe werk te begin is opwindend, maar dit kan ook oorweldigend wees. Die eerste 90 dae in ʼn nuwe werksomgewing speel ʼn belangrike rol in hoe mense jou sien en hoe vinnig jy professioneel ontwikkel. Dit is die tyd waarin jy nuwe vaardighede aanleer, verhoudings bou en jou plek in die span vind.

Vir jong werkendes is dit belangrik om van die begin af ʼn goeie indruk te maak. Gelukkig gaan dit nie daaroor om perfek te wees nie, maar eerder oor jou houding, professionaliteit en bereidwilligheid om te leer.

Hier is ʼn paar belangrike moets en moenies vir jou eerste drie maande by jou nuwe werk:

1. Wees betyds en betroubaar

Een van die maklikste maniere om vertroue te bou, is deur konsekwent en betroubaar te wees. Wees betyds vir werk, hou by sperdatums en doen wat van jou verwag word.

Werkgewers waardeer werknemers wat verantwoordelikheid neem en waarop hulle kan staatmaak. Selfs klein dinge, soos om vinnig op e-posse te reageer of betyds vir vergaderings op te daag, dra by tot ʼn professionele beeld.

Volgens die Departement van Indiensneming en Arbeid is vaardigheidsontwikkeling en lewenslange leer noodsaaklik om werkers se vermoë te versterk en hulle in staat te stel om aan te pas by ʼn vinnig veranderende arbeidsmark, insluitend die informele sektor waar baie Suid-Afrikaners werk.

Solidariteit bied nagenoeg 150 aanlyn kursussevir voortgesette leer, wat jong werkendes en professionele persone ondersteun om hul vaardighede uit te brei en relevant te bly in die werkplek. Van finansiële bestuur en kommunikasie tot loopbaanontwikkeling en tegniese vaardighede, Solidariteit-aanlyn maak dit maklik en gerieflik om praktiese vaardighede te bou en beter voor te berei vir die eise van die moderne arbeidsmark.

2. Wys jy is bereid om die ekstra myl te loop

In jou eerste paar maande leer mense jou nog ken. Dit help om te wys dat jy bereid is om te leer, vrae te vra en die ekstra myl te loop.

Bied hulp aan wanneer nodig, wees oop vir terugvoer en wys inisiatief. Jy hoef nie alles onmiddellik te weet nie; niemand verwag dit van ʼn nuwe werknemer nie. Wat wel saak maak, is jou houding en jou bereidwilligheid om te groei.

3. Bly weg van kantoorskinderpraatjies

Elke werkplek het sy eie dinamika, en dit kan aanloklik wees om betrokke te raak by kantoorstories en skinderpraatjies. Dit kan egter jou reputasie vinnig skade berokken.

Moenie betrokke raak by negatiwiteit, konflik of kantoorskinderpraatjies oor kollegas nie. Luister eerder meer as wat jy praat en bly professioneel wanneer ander begin kla of skinder.

Mense onthou dikwels hoe jy ander behandel. ʼn Professionele houding bou vertroue en respek op die lang termyn. Die Besigheidsetiket-kursus op Solidariteit-aanlyn is spesifiek ontwikkel om jong werkendes te help om professioneel in die werkplek op te tree en met selfvertroue in werksomgewings te groei.

4. Bou goeie verhoudings met kollegas

Jy hoef nie beste vriende met almal te wees nie, maar goeie werksverhoudings kan ʼn groot verskil maak. Wees vriendelik, behandel almal met respek en wys jy is bereid om saam te werk.

Leer mense se name en toon belangstelling in jou span, van bestuur tot administratiewe personeel. ʼn Positiewe houding maak dit makliker om ondersteuning te kry terwyl jy aanpas.

5. Moenie bang wees om vrae te vra nie

Sommige jong werkendes huiwer om vrae te vra omdat hulle nie onbekwaam wil voorkom nie. Die waarheid is egter dat dit beter is om vroeg hulp te vra as om aanhoudend foute te maak.

Gebruik jou eerste 90 dae om te leer. Neem notas, vra verduideliking wanneer nodig en wees oop vir leiding. Werkgewers waardeer werknemers wat bereid is om te leer en verantwoordelikheid vir hul ontwikkeling te neem.

Om by ʼn nuwe werk te begin, beteken nie jy moet alles reeds weet nie. Dit beteken wel dat jy bereid moet wees om te leer en te groei.

Jou loopbaanvennoot

Solidariteitbied praktiese aanlyn kursusse, loopbaanondersteuning en ʼn magdom hulpbronne om jong mense met noodsaaklike vaardighede toe te rus. Met die Solidariteit-app kan jy nou ook jou vaardighede enige tyd en plek ontwikkel, wat dit maklik maak om leer by jou daaglikse roetine in te pas.

Onthou, Solidariteit-lede kan al die kursusse gratis danksy hul lidmaatskap voltooi. Die beste van alles is Jongwerkende-lidmaatskap is halfprys! Klik hier vir meer inligting.

Registreer dus vandag nog jou profiel op Solidariteit-aanlyn en verseker so dat jy ʼn goeie indruk in die eerste 90 dae van jou nuwe werk sal maak!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel