
Foto Krediet: Verskaf (Akademia)
Gekopieër
Akademia se jaarlikse kampusopedag: Jou toekoms begin hier
Akademia is meer as net ʼn akademiese instelling – dit is ʼn plek waar studente hul toekoms met selfvertroue kan vorm. Akademia se kampusopedag vind op 21 en 22 Maart 2025 plaas en bied aan voornemende studente en hul ouers die geleentheid om Akademia se unieke studentelewe en akademiese geleenthede eerstehands te ervaar. Lees hier meer oor hoe jy kan deel word van hierdie gemeenskap.
Deur Kyla-Ann du Toit
By Solidariteit glo ons dat elke individu die geleentheid verdien om sy of haar toekoms met selfvertroue te bou. Dit is waarom ons Akademia ondersteun – ʼn instelling wat nie net gehalte-onderrig bied nie, maar ook ʼn studietuiste in Afrikaans skep waar studente hul volle potensiaal kan bereik. Akademia se jaarlikse kampusopedag op 21 en 22 Maart 2025 is die ideale geleentheid vir voornemende studente en hul ouers om eerstehands te sien hoe Akademia ʼn sterk fondament vir akademiese en persoonlike groei lê.
Hoekom moet jy die opedag bywoon?
Vanjaar spog Akademia se kampusopedag met ʼn tweedagprogram in Centurion, propvol waardevolle sessies. Besoekers kry die geleentheid om direk met Akademia se leierskapspan, insluitend die besturende direkteur, Marthinus Visser, en die studenteraadsvoorsitter, Johannes van Jaarsveld, te gesels. Hierdie gesprekke bied nie net insig in Akademia se visie nie, maar skep ook ʼn platform vir voornemende studente om vrae te vra oor hul eie toekoms by dié instelling.
By die opedag sal jy die geleentheid kry om:
- • al jou studiemoontlikhede te oorweeg;
- • met dosente te gesels;
- • koshuiverblyf te besigtig;
- • meer oor die Groot Boeke-program uit te vind;
- • medestudente te ontmoet;
- • raad by adviseurs te kry;
- • ʼn voorsmakie van ʼn studentelewe in Afrikaans te ervaar; en
- • die hart van Akademia te ervaar.
ʼn Akademiese tuiste vir jou toekoms
Akademia is meer as net ʼn akademiese instelling – dit is ʼn plek waar studente hul toekoms met selfvertroue kan vorm. Met vyf fakulteite en ʼn studentegerigte benadering skep Akademia ʼn omgewing waar jong mense nie net hul kennis uitbrei nie, maar ook persoonlik groei.
Die kampusopedag is ʼn geleentheid om die hart van Akademia te ervaar. “Akademia se vyf dinamiese fakulteite ontsluit ʼn verskeidenheid spesialisrigtings, en tydens die kampusopedag staan dosente én huidige studente gereed om oor Fonties* se ervaringe binne én buite die lesinglokaal te gesels,” verduidelik Lizán Maree, bestuurder van bemarking by Akademia.
(*Studente wat aan Akademia studeer word Fonties genoem. Dié eienaam is afgelei van die instelling se leuse, Ad futurum, per fontes – na die toekoms deur die bronne.)

ʼn Gemeenskap én ʼn netwerk
By Solidariteit verstaan ons die waarde van ʼn sterk netwerk – of dit nou in jou studie, jou beroep of jou gemeenskap is. Akademia is deel van ʼn groter visie om ʼn selfstandige toekoms vir die Afrikaanse gemeenskap te bou, waar hulle in hul moedertaal kan studeer en ontwikkel.
Deur die kampusopedag by te woon, neem voornemende studente ʼn belangrike stap om ʼn akademiese tuiste te vind. “Ek wil ouers en voogde van voornemende studente ook uitnooi om gemoedsrus te ervaar oor hul kind se toekomstige inskakeling by die Akademia-familie,” sê Maree.
Klik hier om een van die sessies by te woon:
Sessie 1: Vrydag 21 Maart om 09:00
Sessie 2: Vrydag 21 Maart om 13:00
Sessie 3: Saterdag 22 Maart om 09:00

Die kampusopedag is ʼn gulde geleentheid om eerstehands te sien hoe jy jou toekomstige loopbaanpad by Akademia kan bou.
Solidariteit glo dat kennis die beste manier is om ons gemeenskap te beskerm en daarom is dit nodig om kennisinstellings te bou om die volgende generasie te bemagtig en ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms te verseker. Lees hier meer oor hoe jy sáám met Solidariteit kan bou.