loading
Artikels
1 maand gelede
ambagslui-vier-fees-by-ambagdag-2025

Foto Krediet: Solidariteit

Ambagslui vier fees by Ambagdag 2025

Honderde mense het die ambagte by Ambagdag 2025 gevier! Ambagslui, studente en bedryfsvennote het saamgekom om die toekoms van ambagte in Suid-Afrika te vier. Lees hier meer oor die sukses van Ambagdag en waarom jy hierdie feesviering wéér in 2026 moet bywoon.


Deur Kyla-Ann du Toit

Ambagdag 2025 was ʼn reusesukses! Honderde ambagslui, studente, gesinne en bedryfsvennote het byeengekom om vakmanskap, vaardigheid en die toekoms van ambagte in Suid-Afrika te vier. Dit was ʼn dag gevul met inspirasie, kompetisie en erkenning – en as jy nie die dag kon bywoon nie, is daar goeie nuus: Ambagdag 2026 wag vir jou!

ʼn Dag vol hoogtepunte

Vanaf die oomblik wat die hekke geopen het, was dit duidelik dat Ambagdag 2025 iets besonders gaan wees. Die dag het gegons – van verskeie interessante uitstallers, die gewilde #JongYster-ambagresies tot die aankondiging van die #JouYster-wenner vir 2025.

“Ons is oorweldig deur die positiewe reaksie vanuit die ambagbedryf én die gemeenskap,” sê Stef Pretorius, netwerkkoördineerder van die Solidariteit Ambagnetwerk. “Daar is duidelik ʼn behoefte by ondernemings om deel te wees van die hervestiging van vaardighede. Dit was duidelik in hul ruim bydraes tot pryse en hul entoesiasme om Sol-Tech-studente in diens te neem.”

Ons het vir van die bywoners op dié dag gevra wat op Ambagdag vir hulle uitsonderlik was. Kyk hier:

Vaardigheid en talent op sy beste

Die #JouYster-kompetisie was vanjaar straf, met die topdriefinaliste wat slegs deur ʼn paar punte geskei is. “Hierdie kompetisie openbaar jaarliks die talent en vaardigheid wat steeds in Suid-Afrika bestaan. Dit skets ook ʼn baie hoopvolle toekoms vir ons ambagslui,” sê Pretorius.

Die #JongYster-ambagresies het ook gesorg vir groot opwinding. Studente het mekaar uitgedaag in tegniese vaardigheidstoetse wat nie net hul vakmanskap nie, maar ook hul kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede getoets het.

Erkenning aan ambagslui en gemeenskap

Ambagdag is nie net ʼn viering van vaardigheid nie, maar ook ʼn geleentheid om erkenning te gee aan dié wat ʼn verskil maak. Die erkenning aan lojale lede van die Solidariteit Ambagnetwerk was een van die mees gesogte oomblikke van die dag.

“Ambagslui bou nie net aan hul eie toekoms nie, maar dra ook by tot die bou van ʼn sterker beroepsgemeenskap,” sê Dirk Smit, organiseerder van die Solidariteit Ambagnetwerk.

Ambagdag 2026

As jy hierdie jaar se Ambagdag misgeloop het, is daar geen rede om dit volgende jaar weer mis te loop nie. Ambagdag 2026 belowe om nóg groter en beter te wees! Of jy nou ʼn student, ambagsman of bedryfsvennoot is – hierdie dag is die ideale geleentheid om te netwerk, te leer en jou passie vir ambagte te vier.

Sluit vandag nog aan by die Solidariteit Ambagnetwerk en word deel van jóú beroepsgemeenskap!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel